Polisiekolonel buite seuns se winkel doodgeskiet

(Foto: SA Polisie)

ʼn 58-jarige luitenant-kolonel van die polisie is Vrydagaand doodgeskiet tydens ʼn sakerooftog in Vuwani, Limpopo.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê lt.kol. Tshitereke Freddie Masuvhelele was deel van die misdaadintelligensiespan. Hy is Vrydagaand omstreeks 19:10 doodgeskiet tydens ʼn sakerooftog by Masuvhelele Enterprise in Vuwani.

“Die oorledene se twee seuns was besig om die winkel te sluit toe twee onbekende mans die perseel betree het. Hulle het vuurwapens op die twee mans gerig en kontant en ʼn selfoon gesteel,” het Mojapelo gesê. Masuvhelele was tydens die voorval agter die winkel besig om beeste te voer.

“Hy het sy seuns sien weghardloop en in die winkel gaan ondersoek instel. Hy het op ʼn derde verdagte afgekom wat buite wag gehou het. Die verdagte het verskeie skote op hom gevuur.”

Die vermeende rowers het daarna in ʼn wit Volkswagen Polo en ʼn wit Toyota Run-X van die toneel gevlug.

“Die polisie en paramedici is ontbied en Masuvhelele is met verskeie skietwonde dood aangetref.”

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

gatgogga ·

Moenie vergeet nie -alhoewel Cyril en sy ANC hoop ons sal vergeet en vergewe – Julias het in die openbaar sy mense aangemoedig om oorlog te maak teen polisielede.
Maar geen haan mag daarna kraai nie.

Barney ·

So ń luitenant kollenêl voer sy beeste agter sy seuns se winkel? Hy moes maar eerder sy lot by sy polisie werk gehou het.

Misky ·

Hy was deel van die misdaad taakspan, maar voer beeste…….. pleks hy maar bedag was en sy werk gedoen het. RIV

Moedeloos ·

Ek lees nie dat hy aandiens was nie. In sy vrye tyd kan hy seker maak wat hy wil.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.