Polisiekolonel se lyk in straat gevind

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Polisiekolonel van Gauteng se liggaam is Vrydagaand in ʼn straat in Turffontein, Johannesburg, gevind.

Kol. Noxolo Kweza, woordvoerder van die polisie, het gesê die kolonel se naam kan nog nie bekend gemaak word alvorens sy familie in kennis gestel is nie.

ʼn Emosionele Kweza het aan News24 gesê die beampte se liggaam is laat Vrydagaand deur verbygangers gevind. Hy het gewone klere aangehad. “Toe ons op die toneel aankom, het ons gesien dis een van ons eie [lede], ons het hom geken.”

Volgens Kweza is die beampte met ʼn sterk voorwerp doodgesteek. Sy kon nie bevestig dat hy beroof is nie. Kweza het gesê die beampte is nie naby ʼn McDonalds-eetplek vermoor soos vroeër berig is nie.

Die moord kom minder as ʼn week nadat ʼn groep gewapende mans op polisiebeamptes losgebrand het op die N3-hoofweg naby Modderfontein. Een polisiebeampte is op die toneel dood terwyl ʼn ander een later in die hospitaal dood is. ʼn Derde beampte is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Drieks ·

Die EEF en Kriminele wys net die regering wie is in beheer. Die Anc het hierdie land in hierdie gemors ingelei. Die EEF is so dom dat hul nie weet hoe om deur die regte kanale goed te doen nie. Nou wil hul die nuwe leiers word wat finaal die land sal laat val. MOOI ANC……

Sarie ·

Die ANC-regering sal moet begin ontwaak uit hul 100 jaar slaap. Terwyl die minister van polisie die een senior polisiebeampte na die ander oor nietighede skors, word hul eie mens op ‘n streep vermoor. Wat is nou die belangrikste om mense vir al die verkeerde redes te skors en af te dank, of om misdaad te bekamp, wat eintlik die polisie se werk is en om jou eie lede te beskerm. Komaan ANC besluit watter pad julle wil loop of ontbind die Suid-Afrikaanse Polisiediens en laat iemand ‘n private polisiemag stig, dan sal misdaad weer onder beheer kom, dan sal ons dalk weer veilig voel in ons eie land

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.