Polisiekomitee beveel vuurwapenamnestie aan

Argieffoto (Foto: MikeGunner/Pixabay)

Die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie het ʼn versoek deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens vir ʼn nuwe vuurwapenamnestieperiode toegestaan.

Die komitee sal ʼn aanbeveling aan die nasionale vergadering maak dat die voorgestelde vuurwapenamnestie, kragtens artikel 139 van die Wet op Vuurwapenbeheer, vir 2020 goedgekeur word.

Die aanvanklike amnestie is op 21 November 2019 deur die parlement goedgekeur vir die periode 1 Desember 2019 – 31 Mei 2020. Die komitee het bevestig altesaam 27 336 vuurwapens en 212 476 patrone is tydens dié periode ingehandig. Altesaam 798 vuurwapenkomponente is ook ingehandig.

“Ons waardeer dat mense van die geleentheid gebruik gemaak het om hul vuurwapens en ammunisie in te dien,” het Tina Joemat-Pettersson, voorsitter van die komitee, gesê. “Dit gee ʼn hupstoot aan die stryd teen vuurwapens op ons strate.”

Die komitee het gesê hy neem kennis dat persone tydens die laaste maand van die amnestie nie in staat was om vuurwapens by polisiestasies in te dien nie, weens die landswye afsonderingsperiode in die stryd teen Covid-19. Die komitee het gevolglik besluit om die nuwe aansoek deur die minister vir ʼn periode van ses maande, van 1 Augustus 2020 tot 31 Januarie 2021, goed te keur kragtens artikel 139(2)(c) van die Wet op Vuurwapenbeheer.

Altesaam 10 704 aansoeke vir vuurwapenlisensies is intussen ontvang en 147 aansoeke is reeds gefinaliseer. Die komitee maan die forensiese laboratorium om ballistiese toetse te bespoedig sodat die agterstand by die sentrale vuurwapenregister opgelos kan word.

Die komitee sal dus die nasionale vergadering aanbeveel om die vuurwapenamnestie vir 2020 goed te keur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

JohanR ·

Altesaam 27 336 vuurwapens en 212 476 patrone is tydens dié periode ingehandig. Altesaam 798 vuurwapenkomponente is ook ingehandig. By watter bendes, en MK kaders is die wapens nou?

Arthur ·

Daar kan met groot sekerheid gereken word, dat dit wettige vuurwapens is, wat deur wetsgehoorsame burgers ingedien is. Hoeveel van dié wapens gaan werklik vernietig word en hoeveel gaan weer in die hande van kriminele boewe beland…. Dis beter om die wapens te lisensieër, te onderhou en te bewaar…. dit mag dalk jou en jou geliefdes se lewens red!

Pappa Beer ·

Maar net nog n poging deur die regering om blankes te ontwapen. Hoor my mooi ou cyril, JY SAL NIE MY WAPENS VAT NIE!

Johan ·

Die is Afrika en SA is n diktatorskap…sterkte om ons wapens te vat…bleddie gemors…kyk maar hoe lyk daai ou met die hoed, hy gaan nog baie mense laat doodgaan.

marius ·

Waarom ? Want daar is ‘n weermag generaal gearresteer wat gaan huil het . Hou maar dop hoe hy gaan wegkom .

Michael 1 ·

Hoekom gee mense vuurwapens in gaan na n geweersmit en deactiveer die wapen dan handig jy net die deaktivering sertifikaat in en hang die wapen teen jou lapa muur.

Cherokee ·

Die beter alternatief, lisensieer dit en hou dit binne bereik.

Johan ·

Voorstel moet wees: implimenteer n eenvoudiger lisensie stelsel vir die wetsgehoorsame mense…een wat dit moontlik maak om jou wapen te registeer sonder die Polisie se twak. En een wat werk!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.