Polisiekomitee keur vuurwapen-amnestie goed

Argieffoto (Foto: Marcus Trapp/Pixabay)

Die portefeuljekomitee oor polisie het Woensdag ʼn aansoek van die ministerie van polisie vir ʼn amnestietydperk vir vuurwapens goedgekeur kragtens artikel 139 van die Wet op Vuurwapenbeheer.

Tinia Joemat-Pettersson, voorsitter van die komitee, het gesê die komitee se grootste oorweging was om die verspreiding van vuurwapens op Suid-Afrika se strate te verminder, in ʼn poging om misdaad te bekamp.

Die komitee het voorgestel dat die aanvangsdatum van 1 Desember 2019 tot Mei 2020 verskuif moet word. “Dit bied die geleentheid om alle administratiewe prosesse af te handel,” het Joemat-Pettersson bygevoeg.

Die komitee het ook die ministerie en die SAPD gemaan om ʼn toegewing te maak aan persone wat nie in staat was om hul vuurwapenlisensies te hernu nie om van die amnestieperiode gebruik te maak om aansoek te doen vir die nodige lisensie.

Die komitee het ook ʼn gedetailleerde verslag versoek van die 2005- en 2010-amnestie wat besonderhede bevat van alle vuurwapens wat ontvang is, ongeag of dit wettig of onwettig was. Die komitee versoek ook ʼn voorlopige verslag oor die implementering van die amnestie aan die begin van Februarie en dan elke tweede maand daarna.

“Die komitee moedig alle Suid-Afrikaners aan om gebruik te maak van die amnestie en hul vuurwapens by die SAPD in te dien om aktief deel te neem in ʼn poging om vuurwapens van ons strate te verwyder,” het sy bygevoeg.

Die komitee sal nou ʼn aanbeveling maak aan die Nasionale Vergadering om die amnestie goed te keur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

tom ·

Ek se die ou wat sy lisensie wil her nie na dat hy verval moet R2000 betaal vir n lisensie .En dan kan die polisie daai geld vat om hulle sisteem reg te kry.

Susan ·

Die polisie het nie geld nodig om hulle stelsel reg te maak nie, hulhel politiese wil nodig om dit te doen ( en dit is wat daar nie is nie). Daar is immers bewys dat die “stelsel” per opset gesaboteer is om skielik nie meer henuwings toe te laat nie. Hernuwings moet heeltemal geskrap word!

chrisjan ·

SAPS het nie geld nodig om die sisteem reg te kry nie, hulle benodig ‘n politieke wil en bevoegde personeel.
Dit is tyd dat vuurwapen eienaars om met die hulp van ‘n hof, die administrasie van vuurwapens by SAPS weg te vat. Hulle is onbevoeg en buite hulle mandaat. ‘n Privaat instansie sal dit baie meer effektief kan doen en SAPS kan dan die proses polisieer.

aj ·

Die STAAT misluk om burgers te beskerm en verbeur daarom die outoriteit om wetsgehoorsame burgers se reg tot selfbeskerming te ondermyn met wapenbeheer.

Begin ‘n klasaksie namens ALLE burgers (wapeneienaars) om die staat se outoriteit om wapenbeheer toe te pas, te vries, totdat die veiligheidsitiasie in die land NORMALISEER!

Daarna dal die burgers weer die outoriteit oor wapenbeheer aan die staat teruggee.

Kla die staat aan by die VN vir nalatigheid t.o.v. landsveilgheid en versoek die VN om die SA regering onder VN supervosoe te plaas totdat binnelandse STABILITEIT bewerkstellig is.

Reline Badenhorst ·

En al die misdadigers gaan ook deelneem en hul wapens aan die SAPD oorhandig…….. ????

aj ·

Don’t think of it as `gun control’, think of it as `victim disarmament’. If we make enough laws, we can all be criminals.

Andre ·

“To disarm the people… was the best and most effectual way to enslave them.”

— George Mason, speech of June 14, 1788

K P ·

Moet nie julle laat mislei met die aksie. Die staat wil nie hê n privaat persoon moet n wapen besit. Almal moet ontwapen word behalwe die kriminele. Wat n grap

EPB ·

Ai Joemat. Dis die persoon wat sneller trek wat moordpleeg en nie die wapen nie. Julle probeer ons wettige , selfbeskermende burgers ontwapen

Haan ·

“beveiliging” deur ontwapening is nie naïef nie. Dit is inderwaarheid n fyn-deurdagte plan om n bevolking weerloos te maak.

M ·

Mense met respek julle is onkundig. Wapen eienaars het gevra hiervoor. Kyk na GOSA en ander skiet en jag organisasies. Dit het deels te doen met ou lisensies wat nooit hernu was ens. Mense het nou geleentheid om dit wettiglik te hernu.

Manie ·

Dankie tog een ou wat kan lees. Waaroor gaan julle so tekere. Hierdie is n geleentheid om jou lisensies weer reg te kry sodat jy nie jou wapen terug hoef te gee nie.

RATEL ·

Kry net asb rigting ANC useless klomp. Als wat julle aan raak verander in en jul kan niks met spoed en deurnis afhandel.

Chris Ws ·

Een ding is verseker : MY vuurwapen is nie “op straat” nie maar IN my besit wettiglik en so sal dit bly.Tensy die SAP my ten minste R7500 vir my 357 sal gee – en dan sal ek eers goed daaroor slaap!

aj ·

…. “a government that does not trust its honest, law-abiding, taxpaying citizens with the means of self-defense is not itself worthy of trust”.

“Laws disarming honest citizens proclaim that the government is the master, not the servant, of the people. “

Kolonel ·

Gaan sy verantwoording doen vir ELKE wapen wat die polisie verloor/misplaas/verkoop?

EO ·

Wat gebeur met die vuurwapens wat ingehandig word deur mense wat die nie meer wil hê nie?

Jaco ·

Tom hoekom?

Dan kan jy ook se jaarliks met voertuig lisensie hernuwing moet R2000 by gesit word vir Aarto, terwyl ons besig is met dit sit ook R2000 by jou jaarkikse SAUK lisensie, en sommer nog R2000 by hernuwing van bestuurders lisensie, ons kan nie daar stop, sit ook R2000 by hernuwing van Paspoort.

Die punt is mens kan nie aanhou geld waarvoor jy hard gewerk het agter korrupsie en onbevoegdheid gooi nie

Jan Alleman ·

Die anc spesialiseer in sulke “easy out solutions”. Hulle kan nie onwettige wapens beheer nie, Nou sal hulle maar dit wat hulle kan beheer beheer, sonder om die gevolge in ag te neem. Dan lyk dit darem of hulle iets doen.

Db ·

Een komitee op ‘n ander word aangestel om alles reg te kry. Kyk mooi in die gange staan daar ‘n wese wat skreeu : “hier kommie tee” en dit is waar dit sal bly

gindra ·

stop tog net die staat blameer oor julle nie julle lisensie op die regte tyd ge doen het nie.
dis julle skuld . dan se julle nou dankie dat julle weer kan probeer en dankie vir al die jag mense wat dit ge druif het om julle n 2 de kans te gee . dis hoekom ons soo agter uit gan , want as dit ons skuld is blameer ons dit op die staat .as die ander kant skuldig is blameer hy ras .

Anel ·

Ja, handig in en kyk hoe word die polisiestasies dan beroof! Kan maar net my kop skud.

Michelle ·

Ek stem saam met krisjan wil net nog iets byvoeg daardie wapens wat so vrywillig moet ingehandig word om net die volgende dag weer kamstig geroof te word by die stasie, die onbevoegheid van die polisie lede hulself die minister moet eers daar begin en die publiek wys hoe bevoeg daardie manne is en of hul lisensies het. Vee eers voor daardie deur dan die kriminele dan onwettige sekuriteit maatskappye en dan wettige privaat eienaars.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.