Polisiekommissaris dalk vervolg

Lt.genl. Khomotso Phahlane (Foto: eNCA/ Lenyaro Sello)

Lt.genl. Khomotso Phahlane (Foto: eNCA/ Lenyaro Sello)

Genl. Khomotso Phahlane, die waarnemende nasionale polisiekommissaris, is glo na die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) se kantore ontbied om ʼn waarskuwingsverklaring af te lê in verband met ʼn aanklag van dwarsboming van die gereg.

ʼn Waarskuwingsverklaring is deel van die proses wat daartoe kan lei dat Phahlane vervolg word. Dit sal egter van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) afhang of hy amptelik aangekla sal word of nie.

News24 het berig Phahlane sal vandag die waarskuwingsverklaring by Opod se kantore aflê. Volgens die nuusagentskap hou die verklaring verband met ʼn luukse huis wat Phahlane vir homself in die Sable Hills-landgoed in die noorde van Pretoria laat bou het. Opod ondersoek glo hoe Phahlane, wat sy lewe lank nog ʼn polisiebeampte is, dit kan bekostig om die huis, wat glo ongeveer R8 miljoen werd is, te bou.

News24 berig Phahlane kan moontlik van dwarsboming van die gereg aangekla word, omdat hy na bewering getuies in die ondersoek gekontak het. Van die ondersoekers in die saak het ook glo doodsdreigemente ontvang.

Robbie Raburabu, Opod-woordvoerder, het alle navrae na sy kollega, Moses Dlamini, verwys. Dlamini kon egter nie telefonies bereik word nie.

Brig. Mashadi Selepe, Phahlane se woordvoerder, het gesê die SAPD respekteer die mandaat van Opod om enige lid van die polisiediens te ondersoek, ongeag watter lid dit mag wees. “Die waarnemende nasionale polisiekommissaris verwelkom enige ondersoek na bewerings teen hom wat binne die grense van die wet uitgevoer word. Dit is jammer dat sulke ondersoeke en bewerings deur die media gedoen word met die blote doel om die waarnemende polisiekommissaris se reputasie en beeld skade te doen.”

Indien Phahlane vervolg word, sal hy die vierde agtereenvolgende nasionale polisiekommissaris wees wat tydens hul termyn by oortredings betrek word. Dit sluit Jackie Selebi, Bheki Cele en Riah Phiyega in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

CAV ·

Lyk my almal in posiesies is deesdae ” waarnemend “, min is maar permanenet – seker omdat hulle weet die kandidate gaan een of ander tyd maar in die slaggat val

Piet ·

Gaan soos sy voorgangers n paar miljoen skeidings pakket krywar n skande hulle het geen gewete en niks integriteit

Juf Rottemeier ·

Jip ‘poliesies in posiesies’ dis nou vir jou ‘n lelike ding….

Sophia ·

ASSEBLIEF NIE OOK MET VOL SALARIS SOOS DIE LAASTE POLISIE KOMMISSARIS NIE! Sy kry nog volle betaling na meer as TWEE JAAR by die huis…

Alida ·

GROTE GRIET WAT NOG!!!! ALMAL WORD AANGEKLA BEHALWE JACOB ZUMA.

poot ·

Alida
As mens nie die politiese motief hierin sien nie dan moet jy duidelik blind wees. Dis net ‘n heksejag. Die EEN Polisiehoof wat sy sout werd is word nou vervolg…..hoe belaglik is die politiek nie.
Keep up the good work Gen Phahlane. Ons weet wat u vir SAPS beteken.

Natalie ·

Ag ja, niks nuut nie….elke ander dag is nog ‘n hooggeplaaste beampte in die nuus oor korrupsie….en die mense van ons land kripeer en skole word afgebrand en studente maak amok, maar niemand doen werklik iets om die land reg te ruk nie. Dis ‘n skande. Die buitelanders lag vir ons land wat soos ‘n sirkus tekere gaan.

Carel ·

Kry solank ‘n voltydse wag om sy lêer op te pas sodat dit nie wegraak nie.

Grassie ·

Korrupsie loop soos ‘n donker stroom diep deur die hart van Suid-Afrika. Maar, nouja, Zoempas sê mos dit is ‘n Westerse konsep. Die “peoples” sien nie veel fout daarmee nie.

Simon ·

Vier agtereenvolgende polisies kommesaris nogal.

Geen wonder dat die SAPD so onbevoegtheid of kwaadwillig optredes nie. As die kop korrupsie is, sal die res ook vrot word.
Kan dit gese word dat n kommisaris die polisiediens kry/het wat hy verdien?
Wil voorkom asof direct kommisaris se meer belang gestel het in persoonlike aangeleenthede as om n werkende diens, van wie die basiese funksie is om misdaad hok te slaan, op die been te kry en te hou.
Skande.

vytjie ·

EK STEM BOET MEINTJIES: DIT LYK MY DIE RUSSIESE SIRKUS GESELSKAP STEEK MAAR AF BY SLEG AFRIKA

Dirk ·

Ja nee,sakke ook lekke dik gesteel van die belastig betaler se geld.Hy is mos waarnemende kommisaris van korrupte polisie,sal niks oorkom nie..

not in wonderland ·

Ek kan nie meer byhou met wie vervolg word nie.

Pietie ·

Ek verstaan nie. Wat is fout met ‘n huis van net R 8 miljoen? Dit het mos niks met ons te doen wat nie sulke huise kan bekostig nie. Boonop is dit heelwat minder as Nkandla. Los die kommissaris sodat hy tog net sy werk kan doen. Sies vir julle wat almal net jaloers is op hom.

Hennie van Staden ·

Indien dit waar is sal ek geskok wees want nie van hom verwag nie. Daarna word hulle adjunk ministers soos Bheki Cele.

Alida ·

Niemand wil my antwoord nie!!!! Wanneer word No 1 vervolg op 7+ klagtes. Dit is mos ongehoord dat hy skotvry rondloop en ‘n klomp bollie versprei om kiesers te wen.

Theo B ·

Max: (Dr?) Richard Barry Nell? Die grootste skelm in Pta…vra gerus wat dink die oud Aanklaer Zirk Pansegrouw en die res van die Sindikaat Bedrog Eenheid as ook die Boere Mafia Ben Mong ens van hom.

Vandat die Polisie Kommissarisse nie meer uit die “rank-and-file” kom nie is hulle almal psigies nie toegrus vir die verantwoordelike werk nie. Politici is van nature oneties met geen eerlikheid in hom/haar nie.

Dereck Le Roux ·

Soos dit orals in die binnekringe van die regering en sy kaders gaan geld die reel dat elke man het sy prys, ‘n men’s wonder of die tesourier general Gupta nie look die uitbetalings, voorskotte of lenings weer gefasiliteer het nie.

Alida ·

Vervolg hom dan hoekom dreig. Cele was die beste een van hul almal.

poot ·

Ag nee regtig Alida. Cele die beste van hul almal? Jy het duidelik nie gedink toe jy die uitlating gemaak het nie. Eks al 31 jaar in die Polisie en het hullie sien kom en gaan. Cele was die beste “riddins”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.