Polisiekommissaris gaan sê oor rooftogte in Gauteng

Die iStore winkel in Centurion Mall is op 22 Augustus beroof. Foto: @kelstamza op Twitter.

Die iStore winkel in Centurion Mall is op 22 Augustus beroof. Foto: @kelstamza op Twitter.

Lesetja Mothiba, Gautengse polisiehoof, gaan Dinsdag die media toespreek oor die onlangse vlaag rooftogte by winkelsentrums in die provinsie.

ʼn Selfoonwinkel is Maandagaand by die Glen-winkelsentrum in Ormonde, Johannesburg beroof. Die Samsung-, iStore- en Vodacomwinkels by dieselfde winkelsentrum is sedert November verlede jaar ook beroof.

Die Telkom-winkel in die Kolonnade-winkelsentrum in Montana, Pretoria is verlede week van meer as R200 000 se voorraad beroof.

Winkels in die Maponya-winkelsentrum in Soweto en die Northgate-winkelsentrum in Northriding is verlede Maandag beroof. ʼn Groep van ses gewapende mans het veiligheidswagte beroof nadat hulle kontant afgehaal het by ʼn winkel in die Maponya-winkelsentrum.

Die iStore-winkelsentrum in Centurion Mall is op 22 Augustus van meer as R1 miljoen se goedere beroof. Die iStore-winkelsentrum in Cresta-winkelsentrum is op 13 Augustus beroof. Een persoon is beseer nadat die rowers skote in die parkeerarea afgevuur het.

ʼn Veiligheidswag van die G4S-veiligheidsmaatskappy is Saterdag doodgeskiet toe vier mans hom beroof het nadat hy kontant by ʼn winkel in die Diepkloof Black Chain-winkelsentrum in Soweto afgehaal het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dave ·

Dit gaan veel erger in die land as wat besef word. Hierdie is slegs beriggewing rakende een provinsie. Verlede Sondag is die pensioenwa van ± R400 000 beroof op die parkeerterein by Riverside in Durban-Noord. Indien rooftogte in meer provinsies ingesluit sou word, sou dit ‘n erger prent wys.

Anke ·

Kom ons maak ‘n voorspelling:”Die Kersseisoen is aan die kom, mense moet hulle self en hulle besitting veral hierdie tyd van die jaar beter beskerm. Wees meer verdag en kyk wat om jou aangaan”. Wat wet ek julle dit gaan een van die sinne in toespraak wees?

Theresa ·

Praat praat praat praat en praat en praat nogsteeds. Dis al wat hulle kan doen is praat. Die media toespreek en no stone will be unturned to do this and to do that. Maar niks verbeter in hierdie land nie. Alles word net erger en ja die kersversierings is nog nie eers op in die winkels nie.

Andre ·

Te veel klem word gele op “menseregte” . Ons is die enigste land in die wereld waar daar meer vir misdadigers omgegee word as vir slagoffers. Toegewyde wetstoepassers se hande is gebind indien verdagtes opgemerk word. Ander lande soos Amerika het programme soos AMERICAS MOST WANTED waarin daar die publiek ook gewaarsku word waarvoor om op te let maar hier by ons………….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.