Polisiekommissaris ‘gewalg deur mediasirkus’

Lt.genl. Khomotso Phahlane (Foto: eNCA/ Lenyaro Sello)

Lt.genl. Khomotso Phahlane (Foto: eNCA/ Lenyaro Sello)

Lt.genl. Khomotso Phahlane, die waarnemende nasionale polisiekommissaris, het gesê hy is teleurgesteld en gewalg deur die “mediasirkus” wat gister voor sy huis afgespeel het nadat ondersoekbeamptes van die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) op die huis toegeslaan het.

Phahlane het in ʼn verklaring bevestig dat vyf ondersoekers van Opod hom by sy kantoor besoek het in verband met bewerings van korrupsie en dwarsboming van die gereg. Die korrupsiebewerings hou verband met die aankoop van ʼn tuisteaterstel ter waarde van R80 000. Volgens die bewerings het direkteurs van ʼn private maatskappy wat met die polisie sake gedoen het, glo vir Phahlane gehelp om die tuisteaterstel aan te skaf.

Opod het ook ʼn soeklasbrief bekom voordat beamptes ook, ten tyde van die vergadering met Phahlane by sy kantoor, op sy huis in die luukse Sable Hills-landgoed toegeslaan het.

Volgens Phahlane was hy steeds besig om met die ondersoekers by sy kantoor te vergader toe die nuus deur verskeie mediaplatforms gebreek is dat Opod ʼn klopjag op Phahlane se huis uitvoer.

Maroela Media het vroeër berig dat Opod besig is met ʼn ondersoek na die luukse huis wat Phahlane vir homself in die landgoed in die noorde van Pretoria laat bou het. Opod ondersoek glo hoe Phahlane, wat sy lewe lank nog ʼn polisiebeampte is, dit kan bekostig om die huis, wat glo ongeveer R8 miljoen werd is, te bou.

Volgens ‘n vroeëre berig van News24 kan Phahlane moontlik van dwarsboming van die gereg aangekla word, omdat hy na bewering getuies in die ondersoek gekontak het. Van die ondersoekers in die saak het ook glo doodsdreigemente ontvang.

“Die polisiekommissaris neem met afsku en teleurstelling kennis van die parade van media voor sy huis, terwyl hy ondervra word en met ʼn soeklasbrief bedien is, asook die vlak van disrespek en gebrek aan hoflikheid deur almal betrokke,” het die verklaring gelui.

“Dit is jammer dat hierdie ondersoek deur die media gedoen word en gekenmerk word deur die verdraaiing van feite, verspreiding van onwaar en kwaadwillige inligting en die belediging van die integriteit van die polisiekommissaris en sy familie.”

Phahlane het verder bevestig dat hy ʼn bewys van betaling vir die tuisteaterstel aan die ondersoekbeamptes verskaf het. “Ten spyte van die bewys van betaling wat verskaf is, het die mediasirkus by [Phahlane se] huis voortgeduur en is propaganda deur die elektroniese media versprei wat sy familie verder trauma besorg het,” het die verklaring gelui.

“Dit is teen hierdie agtergrond wat hierdie hele ondersoek as ʼn aanval op die karakter en integriteit van die polisiekommissaris gesien word, wat daarop gemik is om sy reputasie onherroeplik te beskadig en die fokus weg te neem van die uitvoer van sy pligte. Die nasionale polisiekommissaris het reeds sy regsverteenwoordigers opdrag gegee om die saak verder te voer.”

Phahlane het gesê hy het intussen ingestem om skriftelik vrae te beantwoord oor die ondersoeke teen hom wat Opod skriftelik aan hom sal stuur. “Die nasionale polisiekommissaris sal voortgaan om die prosesse te respekteer en sy volle samewerking te gee aan enige owerhede wat bevoeg is om die ondersoek binne die grense van die wet uit te voer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Aaag sies tog arme “onskuldige” polisieman, shame. Ons as publiek sal eerder nie se wat ons van jou dink nie!!!

Asjas ·

Shame, nou is hy so besig met die ondersoek hy kan nie aandag gee aan die misdaad in die land nie?
Nou waarmee was hy besig VOOR die ondersoek?

Anoniem ·

En ek word gewalg deur al die korrupsie in ons mooi land.

MH ·

Hy is gewalg deur die “mediasirkus”. Die res van die land is gewalg deur sy gedrag.

m ·

Praat jy Mr Phahlane, weet jy hoe moeg is ons vir moord en korrupsie in hierdie land. So join the club!

Poot ·

As julle nie die gesegde van “die hoogste bome vang die meeste wind” ken nie. Dan moet julle bietjie navorsing gaan doen. Politieke boelies is weer hard besig. Phayega se kontrak met SAPS het tot ‘n einde gekom nog voor sy skuldig bevind is. Nou is daar weer n geskarrel om ‘n nuwe Polisiehoof aan te stel. Genade mense…….maar julle is “narrow minded”.

Speedguard ·

Poot!! Ek stem 100% saam met jou dit is nou die Magoo’s Bommer wat sy mes in het vir hom en visa versa !

hihi ·

Nou wat maak hom anders om enige spesiale optrede te verwag. Welkom in die werklikheid en nuwe SA!!!

Justice ·

Indien Phahlane `n boek oor finansiele bestuur sou skryf sal dit `n top verkoper wereldwyd wees.

moekie ·

laat my klink na korrupsie, hoekom bly hy op n Landgoed en is so ryk en dat sy arme mede polisie-en land genote so swaar kry, n huis teater van R80,000 klink belaglik pleks dat hy n gewone t.v. besit soos ons, ek weet daar is baie ryk blanke mense maar ons is van die gewone klas,shame mnr Minster ek moet liewer stil bly anders dink jy ons is jaloers op jou, geniet jou huis teater en moet nie aan ons ander arme mense dink nie. vernaam jou volk vat so swaar kry en nie vir die staat mag werk nie.

AL ·

Ek het baie respek vir die waarnemende polisiekommissaris vir die werk wat hy doen. Nietemin laat hierdie klagte voortgaan teen hom dat ons kyk of hy onskuldig is.

Poot ·

@AL
Dankie AL….ten minste is daar een persoon hier wat bietje regdenkend is. As hy dan skuldig is laat hy die gevolge dra. Maar almal wat so op die “bandwagon” spring maak my naar. Niks positief om by te dra as om te kla en af te kraak nie.

Jem ·

Ja ne. Dit is baie seer as jy skuldig voel oor enige iets. Die waarheid maak seer. Nou probeer hy alles om bietjie simpatie te kry.

Poot ·

@Jem
Watse waarheid? Ek het nie geweet hy is al skuldig bevind nie. Hy soek nie simpatie nie…..sy menseregte is geskend deur die media.

Scalla ·

Hy woeker met sy talente, lyk of hy n oor het vir goeie musiek.

Elize ·

Ja so word hy ook ‘n teiken van die ANC kaders, want hy maak nie die geluide wat hulle wil hoor nie, en wat is nou die maklikste manier om van hom ontslae te raak……………….Hulle praat van ‘n huis wat R8 miljoen werd is, wow dan moet hy op die landgoed die mooiste huis he. Sy huis is R3 miljoen werd. Hou op onskuldige mense teiken en doen eerder julle werk, soos julle moet!

Zach Coetzee ·

Ek het ook die indruk gekry dat hy meer van die regte klanke maak as sy voorganger. Selfs met Afri Forum ooreenkoms oor veiligheid aangegaan. Klink meer na ‘n uithaal proses aangesien hy nie soos voriges optree nie. Hoop aanvaller is verkeerd en dat sy beter orientasie behoue sal bly.

Skande ·

Ons is weer gewalg deur die korrupsie en die wanaanwending van fondse en bedrog. Hoe dom dink julle is ons mense om te glo ‘n polisiekommisaris bly in ‘n huis van R8 miljoen en koop ‘n tuisteaterstel van R80 000? Polisiemanne wat ek ken draai maar hulle sente om, doen selfs ekstra werk vir ‘n ekstra inkomste. En dit nogals iemand wat aan die hoof van die polisie staan? Geen wonder die polisie doen wat hulle doen en tree op soos hulle optree nie .. rotten to the core!

Oupa D ·

Om ‘n bewys te lewer dat jy betaal het, beteken nie dat jy die geld daarvoor EERLIK bekom het nie! Laat OPOD hulle werk doen, dan sal die WAARHEID mos ontbloot word. Dit het niks met ‘n sirkus te doen nie, dit het met die kultuur van ONEERLIKHEID wat die hele polisiemag besmet te doen.

Poot ·

Oupa D
Wees versigtig om te veralgemeen as jy sê die “hele polisiemag”. Ek is al 32 jaar in die diens en kan vir jou sê dat daar meer Polisie beamptes is wat hul werk met passie doen as wat jy jouself kan indink. As jy praat van kultuur wil ek jou net daarop wys dat jy ‘n slagoffer is van ‘n kultuur van sensasie soek deur die media. So glo jy alles wat geskryf word nog voor dat die teendeel bewys is.

MM, wat het geword van my kommentaar op Jan maak ‘n plan? het julle dit verwyder omdat ek die media aanspreek. Dan gaan julle seker ook hierdie kommentaar verwyder.

Donovan ·

Ek reken die man verdien n salaris wat hierdie goed kan bekostig…. hy is die HOOF van die polisie nie n konstabel nie… henne gun die man die son wat op hom skyn… dit is nie sy skuld julle is n klom sukkelgatte nie…

Hendrik ·

As hy dink dit dat hierdie ‘n media sirkus is moet hy net sien wat dink ek van die hele demokratiese sirkus wat sedert ’94 afspeel. Dit is mos ‘n demokrasie as almal die mense kan stem en jy mag nie as minderheidgroep kla nie. Jy mag ook nie die tekortkominge van die demokrasie uitwys nie en jy mag ook nie protes aanteken teen die demokrasie nie. Grontwetkenners wys die gereeld die gebreke uit van die grontwet wat hierdie demokrasie bestuur. Soos prof Koos Malan se dat die S.A. grontwet die mees ontgrondwettige wettige grondwet is in die wereld.

Speedguard ·

Wat betref die in die rug stekery vir politieke gewin kan ek ook maar net se , soos onse Liewen Heer se, laat hy wat nie aandadig is aan soortgelyke optrede of by wandade betrokke is nie die eerste klip gooi , as hul dit toepas sal niemand seer kry nie!

Poot ·

Speedguard
Beter kon jy dit nie stel nie. Hier is ‘n hele klomp inskrywers wat met sakke vol klippe sit wat hulle nie veronderstel is om in hul besit te hê nie.

Nel ·

Yip Speedguard en Poot en waarmee piets julle die ‘klomp inskrywer’s – roosblare??
Ek glo die ‘Liewen Heer’ sou dalk wou he dat julle ook maar liewers jul opinie vir julself sou hou…..?

Koos1 ·

Poot, jy klink soos die stem in die woestyn, maar jy is reg. Ek het so ‘n paar dae gelede kommentaar gelewer oor die polisieman wat van moord aangekla is en nou ook na bewering verkragting gepleeg het, en is behoorlik daarvoor uitgehaal.
Dit lyk vir my dat die beginsel Onskuldig tot dat jy skuldig bewys word, net in die hof tel, en nie in die media of deur kommentators in die media nie.
Bykans almal hierbo het ho al skuldig bevind!
Ek dink Genl. Phahlane se vrou is ‘n brigadier in die polisie. As jy werklik so korup was soos almal beweer moes sy al ‘n generaal gewees het nê. Haar salaris alleen is genoeg om die paaiement op die huis te betaal, en haar bonus kan die klankstelsel kontant koop.
Ek voel net dat die reg sy gang moet gaan, ons sal die eind resultaat hopelik deur die media sien.

Poot ·

Koos 1
Jy is reg as jy sê sy vrou is ‘n Brigadier. En so ook dat hul salarisse “effe” meer is as die gewone Polisieman. Ek het ook in ‘n vorige kommentaar gesê as hy skuldig is sal hy die gevolge moet dra. Wat my naar maak is kommentare dat die Polisie se onvermoë en korupsie in sekere gevalle veralgemeen word.
Dankie vir jou cool inset.

Pensie ·

Die sogenaamde ‘veralgemening’ kom agv die duisende aanklagte polisielede regoor die land. Moet tog nie so eensydig wees nie, kyk maar elke dag in die koerante is daar ‘n aanklag of twee teen een of meer polisiemanne. Dis nie die kommentators wat hom ondersoek en aankla nie, so moenie so tekere gaan oor die kommentators nie. Ons is dalk nie ingelig wat alles daar aangaan nie, want ek dink daar is nog baie meer betrokke by wandade en korrupsie as wat ons dink .. vee dit liewer onder die mat in .. wat die oog nie sien nie! Julle lees ook nie juis die berig nie, gaan staan sommer onmiddellik agter die man omdat julle POTE is.

Koos1 ·

Pensie, eergister the ‘n persoon gese dat ek ‘n “regsmannietjie” is en vandag se jy ek is ‘n “Poot”. Jammer om jou teleur te stel maar ek het nog nooit op hierdie of enige forum my beroep genoem nie!
Ek het die artikel gelees, en weer gelees om seker te maak dat ek die feite het.
Ek staan geensins “onmiddelik agter die man” nie, waarvoor ek wel staan is dat geregtigheid sal seëvier. Laat die ondersoek gaan en kla hom aan in die hof as daar bewyse is, maar asb. moenie hom (en so ook enige ander persoon) aankla, verhoor en vonnis totdat die hof sy werk gedoen het nie. Wat as hy werklik onskuldig is? Dan is sy hele reputasie en loopbaan in sy dinges in. Ek het uit ‘n media verklaring gelees dat hy bewyse verskaf het vir die aankoop van die klank stelsel. Ek ruik so ‘n bietjie van ‘n politieke geur hier, en as mens in ag neem dat daar ‘n leierskap verkiesing in die ANC voorlê, begin ek wonder wat die motiewe hier is. Dink bietjie terug aan Pravin Gordan en sy “aanklagte” deur die valke!??

Poot ·

Pensie
Wil net benadruk dat jy my nie beledig deur te sê ek is ‘n POOT nie.

vermeende ·

Ook maar net omdat hy aan die verkeerde kant gestaan het ne.

Hoekom kom dit voor of die swart bevolking by die dag net meer en meer sensetief raak.

Karabo ·

Hy is in die verkeerde departement. Maak hom minister van Finansies!

Alida ·

Ek kan nie help om hom op die oog af te sien as n opgevoede en eerlike man nie. Gooi my nou met bakstene.

Cherokee ·

Dit is altyd negatief om te lees wanneer iemand ‘n eie kommentaar so ophemel asof dit nou aangeval gaan word vanuit alle oorde. Net soos myne, liewe Alida, word jou kommentaar vergeet onmiddelik nadat dit gelees is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.