Polisiekommissaris ontken noodtoestand weens studentebetogings

Foto: Twitter via @Abramjee

Foto: Twitter via @Abramjee

Khomotso Phahlane, waarnemende nasionale polisiekommissaris, het Maandag die moontlikheid van ʼn noodtoestand uitgesluit ná gewelddadige botsings tussen die polisie en studente op verskeie universiteitkampusse.

Phahlane het die studente versoek om selfbeheersing toe te pas ná gewelddadige betogings by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) oorgespoel het na die strate van Braamfontein waar betogers onder meer ʼn bus aan die brand gesteek het

“Ons glo dat gesonde verstand sal seëvier. Ouers moet hul rol speel. Akademici moet hul deel bydra. Godsdienstige leiers en ander rolspelers moet aktief deelneem. Ons kan nie onsself in ʼn noodtoestand bevind nie,” het hy aan verslaggewers in Pretoria gesê. “Indien en wanneer dit moet gebeur, is daar prosesse wat geaktiveer kan word, maar ons glo ons is ver van ʼn noodtoestand af. Dit is ʼn kwessie waarmee ons in ʼn beperkte spasie sukkel, by onderriginstansies.”

Phahlane het volgehou kriminele elemente misbruik die studente se stryd om gratis onderrig om hul eie belange te bevorder. “Die bewyse wat ons het, dui daarop dat dit nie meer ʼn #FeesMustFall-saak is nie. Ons het gesien misdadigers trek voordeel uit die situasie. Mense met bymotiewe het die #FeesMustFall-inisiatief geïnfiltreer.”

Lees alle vorige berigte oor die studentebetogings op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Emma ·

Ja Generaal almal moet hul kant bring – akademici, kerkleiers en ouers. Maar WAAROM BRING DIE POLISIE NIE OOK SY KANT NIE?

Johleine ·

Emma… WAT PRESIES wil jy hê moet die polisie vir hulle doen? Is jy vertroud met die raamwerk van die toepaslike wet? Wees eerder dankbaar daar is NOU ‘n waarnemende Kommissaris wat ten minste ondervinding in Polisie werk het!

Annemarie ·

Hoe kan gesonde verstand seëvier as daar GEEN verstand is nie???? Regtig?

Lance ·

Back to basics is sy woorde wat hy so graag herhaal …is dit nou basics en dit gaan so …basically doen julle byna niks !

Outyds ·

Lyk my die probleem is by “menseregte”. Van mylewe is die betogers se geweld met mag onderdruk. Nou is daar “menseregte” wat die reg tot geweld insluit.
Dis wat die ANC en die De Klerk aanhangers ten alle koste wou beskerm.
Die oplossing? Laat De Klerk se wigte en teenwigte nou inskop!

Alida ·

Nou moet almal behalwe Zuma en Blade hul kant bring! Belaglik!

popeye ·

Komaan Phalane, doen die eerbare ding of wag jy eers om te help dat ons land rommelstatus verkry?

Sam ·

Nota aan self.. Lees alle CV’s volledig, weier enige student van wits 2016 plek in jou maatskapy.

Die is wat gaan gebeur met jou maatskapy ook…

francois ·

Vreedsame betoging is aanvaarbaar maar om te plunder en eiendom te beskadig is op geen vlak aanvaarbaar nie, maak nie saak waarvoor betoog word nie, allermins vir laer of geen klasgelde nie. Hierdie is doodgewoon misdaad en moet as sulks hanteer word.

Irene Myburgh ·

Gesonde verstand? Wanneer jy goed begin brand en in breek by winkels (seker om klere te kry om klas te loop) dan loop gesonde verstand by die agter deur uit. Ek sê nog bring die weermag in o ja watter weermag. Miskien moet die regering tog die “ou weergmag lede” weer in bring om orde te kry.

Takkie Takuuza ·

En as die boere opruk om hulle kinders wat wil studeer te kom beskerm? Wat gaan dan gebeur? Baie mense se geduld is op.

Maria van Dieweeck ·

Al wat die weermag kan doen, is om met mekaar te baklei oor die kroniese skaarste van “white gold” (toiletpapier)!

Perdekrag ·

Waar het jy jou pips op jou skouer gekry? uit n lucky packet.
Die hoor, sien en swyg metode is waar jy agter skuil hou, die hele land weet van die noodtoestande en net jy weet dit nie, pateties.

Hendrik ·

Geen rede vir noodtoestand. Die ouens moet net die klompie studente bymekaar maak.

Uvonka ·

Dit moes nooit in die eerste plek toegelaat word dat die betogings so ver gaan nie. Die boompies moes sommer vroeg gebuig word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.