Polisiekonstabel in Bloem doodgeskiet

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Polisiekonstabel is Sondag in Bloemfontein doodgeskiet terwyl hy en sy vriendin na die beampte se huis gestap het.

Sers. Fikiswa Matoti, woordvoerder van die polisie, het gesê die beampte en sy vriendin het vroeg Sondagoggend na die beampte se huis gestap nadat hulle by ʼn kroeg in Bloemspruit gekuier het. ʼn Wit VW Golf het langs die paartjie stilgehou waarna die insittendes van die motor op die polisiebeampte losgebrand het.

Volgens Matoti is die beampte in die kop geskiet en hy is op die toneel dood. Die 33-jarige beampte het vir die veediefstal-eenheid in Bloemfontein gewerk. “Die verdagtes het die beampte se vriendin in die motor gedwing en haar later in Bloemspruit afgelaai. Die vrou is steeds erg geskok en kan nie presies onthou wat gebeur het nie.”

Hy het gesê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Enigiemand met inligting kan kol. Ketlamoreng Mafonyane kontak by 082 373 9259.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.