Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, het gesê konst. Patrick Tsonda (37), verbonde aan die Hartebeesfontein-polisiekantoor, het Dinsdag saam met Tshepo Manyobe en Sphelo Mlambo in die hof verskyn.
“Die drie is in Delareyville in hegtenis geneem nadat daar inligting ontvang is oor ʼn beplande rooftog. Hulle is betrap terwyl hulle besig was om die nommerplate van Manyobe se Nissan Maxima te verwyder. Daar is messe in Manyobe en Mlambo se sakke gevind.”
Volgens Ramaloko het Tsonda sy amptelike polisievuurwapen en onwettige ammunisie in sy besit gehad. Tsonda is aangekla van die besit van onwettige ammunisie en sy medebeskuldigdes vir die besit van gevaarlike wapens.
Manyobe en Mlambo is vrygelaat nadat hulle skulderkenningsboetes van R200 elk betaal het. Tsonda is op waarskuwing vrygelaat en moet weer op 22 September in die hof verskyn. “Interne dissiplinêre stappe word teen Tsonda gedoen.”
Die boetes is belagik en daar moet na die arresteerende beampte en die hof gekyk word. Sameswering om te roof is tog sekerlik die klag gewees, dus kan die boetes onmoontlik nie stryk met die aanklag nie.
Watse rooftog het hulle beplan. Weer ‘n plaasmoord? Nogal van ons omgewing gekom. Hulle moes toegesluit word, maar is losgelaat. Waar is geregtigheid?
Reg stelsel is belaglik!
R200… dis n joke!!!!!.. of sal ek sê ons regstelsel is n joke, dis belaglik man.
Wat n grap vir borg. Dit wat die boewe beplan het kon katastofiese gevolge he. Ek dink die saak rakende die borg moet verder ondersoek word.
En die sepies duur voort……………………………..
2 het skulderkenningsboetes van R200 betaal, wat beteken die saak teen hulle is afgehandel!! Belaglik!