Polisiekonstabel in Kaapstad doodgeskiet

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto: SAPD

ʼn Polisiekonstabel, wat nie aan diens was nie, is in Kaapstad doodgeskiet.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê Vuyo Mkhosana (22) is Woensdagaand omstreeks 20:50 in Mfuleni doodgeskiet. “Die voorval het op die hoek van Booi en Jamastraat plaasgevind. Hy is in die kop geskiet en het in die hospitaal aan sy beserings beswyk.”

Mkhosana was ʼn lid van die provinsiale stabiliseringseenheid, deel van Delft-polisie.

Die Wes-Kaapse polisie het hul skok uitgespreek oor die moord. “Hulle betuig ook hul meegevoel met die familie van wyle konstabel Mkhosana.”

Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.