Polisiekonstabel skiet 5 familielede, toe homself

Foto: SAPD, Facebook

Die polisie in Limpopo het Saterdag bevestig dat ʼn polisiekonstabel in dié provinsie sy eie lewe geneem het oomblikke nadat hy sy skoonpa doodgeskiet het en sy skoonma, swaer, skoonsuster en sy vrou ernstig gewond het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het glo Saterdagaand ná 22:00 plaasgevind.

Volgens Ngoepe het ʼn rusie tussen die gesinslede aanleiding gegee tot die skietvoorval.

“Die konstabel het sy skoonpa in die kop geskiet. Hy is op die plek dood. Hy het daarna sy vrou (27), sy skoonma (51), sy swaer (21) en sy skoonsuster (22) verskeie kere gewond en toe sy eie lewe geneem. Hulle is na die hospitaal geneem waar hulle steeds behandeling ontvang,” het hy gesê.

Ngoepe sê die polisielid se vuurwapen is ook op die toneel gevind.

“Die polisie veroordeel die skietvoorval ten sterkste,” het Ngoepe gesê.

ʼn Polisieondersoek is van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Leahim ·

Die meeste polisie lede is nie eers bevoeg om n wapen te hanteer terwyl hulle aan diens is nie (kwazulu natal) uitgesluit
hoekom nie die wapen inhandig na sy skof nie dan was die twee lewendig vandag

Johan ·

Indien n polisie beampte onbevoeg verklaar is om n vuurwapen te besit of te hanteer geld dit ook waneer beampte op diens is en mag nie uitgereik word met n vuurwapen nie.

Leahim ·

Dit moet dan een van die redes wees hoekom daar nie meer gewerk word nie die wat nie op stres verlof is nie is dan onbevoeg en moet by 10111 werk as hulle nie staak nie natuurlik.

Pieter ·

Meer as die helfte van hulle het nie eers bevoegtheid sertifikate om n wapen te mag dra nie, wat anders verwag jy.

LMF ·

Wat wou meeste van hulle is nie eers bevoeg om in sapd diens te lewer nie

Antionette Malan ·

Noem asb waar in Limpopo en by watter dorp die voorval plaasgevind het.

Geliefd ·

Bid vir die gesin. Dis tragies. Niks te doen met bevoeg of onbevoeg. Dis mense wat die wreedste en slegste kant van die mensdom sien en beleef. Geen gesonde regdenkende mens sal so optree nie. Dis tragies en hartseer.
Bid eerder v d SAP en vat Kersfees vir hulle blik koekies of selfs iets om te braai…..begin anders dink Afrikaners…anders gaan hierdie land nooit verander

@ Geliefd ·

Nee. Dit het NIKS te doen met hoe swaar hulle in die polisie kry nie. AL die polisielede sien vreeslike goed en AL die EMT’s sien vreeslike goed dit gee jou GEEN reg om jou eie gesin uit te wis nie. Watter keuse het jy hulle gegee? Om ‘n polisieman te wees is ‘n beroep soos enige ander werk. As sjirurg sien mense net sulke wrede goed, selfs nog wreder as die polisie, hoor jy kort kort van ‘n sjirurg wat sy hele familie uitwis? Het jy al daaraan gedink om KOEKIES aan te dra vir jou spesialis of vir jou Algemene Praktisyn? Begin JY anders dink en hou op om altyd verskoning vir polisiemanne te soek. EK wag in spanning by die hospitaal vir daardie VRUGTEKOEK nadat jy die polisiemanne s’n uitgedeel het.

Leahim ·

@ Geliefd. Ek sou dit nie beter kon stel nie hulle word al klaar bevoordeel oor hulle salaris kry om niks te doen nie …Waar nog vir hulle koekies gee belonings kom net van harde werk en as jy dit verdien ,Die stygende misdaad is n duidelike teken dat iemand nie hulle werk doen nie en daai iemand is nie die brandweerstasie se mense nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.