Polisiekonstabel verdwyn spoorloos

Baswabile Mildred Silowe (Foto verskaf)

Die polisie in Mpumalanga stel ondersoek in ná konst. Baswabile Mildred Silowe (26), van Lydenburg-polisie, spoorloos verdwyn het.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê Silowe se familie het haar Sondagaand as vermis aangemeld.

“Konst. Silowe, wat in Boiketlo Village in Bosbokrand bly, is gistermiddag met openbare vervoer weg om na Lydenburg terug te keer. Sy sou by Bosbokrand-winkelsentrum ʼn tweede taxi na Lydenburg haal, maar ʼn onbekende man het vir haar ʼn rygeleentheid aangebied. Sy het dadelik haar sussie laat weet.”

ʼn Paar oomblikke later het haar suster teruggeskakel, en ʼn paar keer probeer, maar sy kon nie weer Baswabile in die hande kry nie.

“Sy het ook konst. Silowe se kamermaat gekontak wat bevestig het dat sy nog nie terug is nie. Die suster was baie besorg ná talle pogings om haar te kontak onsuksesvol was. Sy het dadelik die saak by die polisie aangemeld.”

Silowe het ʼn blou denim, swart en wit T-hemp en pienk sandale aangehad.

Enigiemand met inligting word versoek om ao Nicol Setwane te kontak by 072 906 8621.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Renee ·

Doen navraag by die regering wat 19000.00 gevangenisse vrylaat en taxis war 110.00% vol is nie. Hoop sy word veilig gevind.. Ons gebede word aan julle oor gedra

Pieter ·

Die land of wereld van ons. Dat mens niemand kan vertrou nie.

christo ·

Die ‘weldoener’ het sekerlik haar al dopgehou en besef sy is ‘n polisie beampte. Die meeste skelms is agter polisielede se dienswapens aan. Ongelukkig beteken ‘n lewe niks in Saint. Nelson Mandela se nalatenskap.

Johnna ·

Ai dit is darem so hartseer wat nou aangaan en niemand word ontsien nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.