Polisiekonstabel ‘verkoop’ glo borgtog

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto: SAPD

ʼn 33-jarige polisiekonstabel van die Saselamani-polisiestasie is Donderdag in hegtenis geneem vir beweerde korrupsie.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, het gesê die verdagte konstabel het glo R1 200 van ʼn verdagte wat hy vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere in hegtenis geneem het, geëis in ruil vir borgtog.

“Die verdagte konstabel het glo na die klaer se vrou gegaan en die R1 200 wat hy geëis het, gaan invorder,” het Maluleke gesê.

Die klaer het die saak by die polisie aangemeld ná sy borgtog vasgestel is op R30 000 en nie die R1 200 wat hy glo vroeër aan die verdagte konstabel betaal het nie.

Die verdagte konstabel is deur die Valke vasgetrek en sal Vrydag voor die Malamulele-landdroshof verskyn op aanklag van korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Muffin ·

Een oomblik voel jy trots om te sien wat die SAP gedoen het, nou kyk nou. Hoop hy word ook 14jr tronk toe gestuur. R30 000 se borgtog beteken dat daar heelwat betrokke was.

Leahim ·

Dit is waarmee hulle hulself besig hou hoekom anders is die misdaad so erg

Johanna Botha ·

Wat n skelm vrot spul …dis net n ”job” net daar vir die geld

SjN ·

Met rommel status en n swak salaris verhoging vir die jaar het hy sy budget soos ander slegs probeer aanvul. Geen probleem , ongelukkig uitgevang, shame

FM ·

Mens kan maar net jou hande saamslaan. Is hierdie nie die tekens van die tyd waarvan gepraat word nie. Alles gaan oor geld. Strawwe is te lig. Dit gaan nie lank wees nie dan stap die vermeende geldwolf weer in sy uniform. Hy sal kamtig n straf kry op papier, maar sal seker opgeskort word. n Vis vrot van sy kop af. Begin die korrupsie van bo af uitroei.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.