Polisielede beroof toe hulle op klag reageer

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Die polisie in KwaMhlanga naby Bronkhorstspruit is vir ʼn tweede keer na ʼn misdaadtoneel ontbied nadat die beamptes wat eerste op die klagte gereageer het, hulle rieme styfgeloop het.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is Woensdag omstreeks 21:00 na ʼn huis in die nedersetting ontbied rakende ʼn klag oor huishoudelike geweld. Die man wat die polisie ontbied het, het hulle in die straat ingewag nie ver van sy huis af nie.

Terwyl die beamptes met die man gepraat het, het drie gewapende rowers verskyn en die polisiebeamptes beveel om hul vuurwapens te oorhandig. Die rowers het een van die beamptes aangerand en die ander in die bobeen en hand geskiet. Hulle het die beamptes daarna agter in die polisievangwa toegesluit en op die vlug geslaan.

Die man wat die polisie na die toneel ontbied het, het ongesiens weggeglip toe die rowers verskyn en die polisie gebel. Nóg polisiebeamptes het hulle na die toneel gehaas om die eerste twee beamptes uit die vangwa te red.

Mohlala het gesê die roof van polisiebeamptes dui daarop dat misdadigers geen respek vir die wet het nie en ook nie omgee oor dienslewering nie. “Ons doen ʼn beroep op die gemeenskap om saam met die polisie te werk om hierdie misdadigers vas te trek. Ons weet almal dat gesteelde vuurwapens gebruik gaan word om ernstige misdade insluitend moord te pleeg,” het hy gesê.

“Die gemeenskap moet egter versigtig wees en nie die gereg in hul eie hande neem nie, omdat die verdagtes gewapen is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Willie Brits ·

Dit sou beslis nie met die vorige regime se polisie gebeur het nie!

Winston ·

Definitief ” Only in SA.” Die vraag is hoekom? Wie moet ons bedank ? Die trots Suid Afrikaanse regering wat aan misdadigers regte gee. Die beweerde rowers/poging tot moordenaars het meer regte as die polisie en burgers van die land. Siek tot in die kern. Ek wag vir n opvolg berig op hierdie een. Soek die waarheid

Drieks ·

Die polisie wou seker nie hul wapens uit verhuur nie. Want dit is nou die nuutste wat ons polisie doen.

Knersus D ·

Drieks, ek stem volhartig saam. En Zuma is bekommerd oor die vuurwapens wat wettiglik besit word?? Hy moet liewer bekommerd wees oor SANDF en Polisie wapens wat verloor word,

En…. ek slaap beslis nie veilig nie Buddy – ek weet van te veel mense wat in hulle huise oorval word 0 word wakker buddy en ruik die koffie….

Buddy ·

Drieks,weet jy daar is nog polisie beamptes wat hul bes probeer sodat jy veilig kan slaap,moenie die laaste bietjie moraal afbreek nie

pop ·

Buddy, dankie aan julle wat probeer, my kind is ook een. Knersus D jy maak meermale dat ek op my tande kners!!!

Willie Brits ·

Baie mense vermors hulle talent in SAPD. Daar is hopeloos te min ‘goeie’ Polisie om ‘n verskil te maak. Moet noodgedwonge saamstem met Knersus – ek slaap nie gerus nie.

Knersus D ·

Sorrie Pop, maar feite is feite. Kan ons nie vir jou kind ‘n ander werk soek nie?

carel ·

ja en nou zuma? Jy wil ons wapens weg neem – skelems sal net aanhou om jou sap wapens te roof en dan het ons geen verweer nie???

Jy dink soos n peanut…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.