Polisielede glo erg deur Deneysville-inwoners aangerand

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Polisiebeamptes in Deneysville in die Vrystaat moes Sondag hul kollegas te hulp snel nadat hulle deur woedende inwoners aangerand en met klippe bestook is.

Lt. Livhuhani Hani, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn paar polisiebeamptes is omstreeks 11:40 na die Tshepiso-nedersetting ontbied, waar hulle gesien het hoe ʼn groep inwoners drie mans aanrand.

“Die beamptes het ingegryp om die aanranding stop te sit en die skare van ongeveer 300 inwoners het hulle begin aanrand en hulle en hul voertuie met bottels en klippe bestook,” het Hani gesê. “Die polisiebeamptes het die skare probeer verjaag en versterkings van nabygeleë polisiestasies ontbied.”

Volgens Hani het die polisiebeamptes tydens die voorval waarskuwingskote afgevuur en een van die inwoners is deur twee dwaalkoeëls in sy arm en maag getref. “Die inwoner, Speelman Mahlsela, is na die Fezi Ngubentombi-hospitaal in Sasolburg geneem,” het hy gesê. Hy kon nie die erns van Mahlsela se beserings bevestig nie.

ʼn Saak van poging tot moord word ondersoek in verband met Mahlsela se skietwonde, terwyl ʼn saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer ondersoek word in verband met die aanranding op die drie mans en die polisiebeamptes.

“Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie,” het Hani gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peet Schabort ·

Die media se sensasie bly nou maar eenmaal ‘n wonderlike ding.
Die aangrensende woonbuurt aan Deneysville is Refengkgotso wat by verre in inwonergetal die inwoners van Deneysville oorskadu. Dit gaan selfs sover dat Deneysville se riool ‘n putstelsel is teenoor Refengkgotso se normale rioolstelsel. Daar is ‘n gedeelte in Refengkgotso genaamd Tshepiso en dis hier waar die moeilikheid plaasgevind het.
Dus het die inwoners van Deneysville absoluut niks te doene met hierdie onderonsie rakende die polisie.

Drieks ·

Trots wat ANC en ZUMA geskep het. Wat gaan eendag van die Anc in die geskiedenis boeke staan.

P J ·

Drieks, die geskiedenis boeke deesdae sal nooit meer feite publiseer nie. Hulle vedraai dit om goed te lyk. Dit is n storieboek. Ek is meer gepla oor die kinders wat moet grootword in die sirkus.

ursha fourie ·

There is not enough police and cars to do patrolling when these guys come out to celebrate the new year. What do you expect when there is no respect for law, property and a reputation that the Police currently have.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.