Polisielede stamp AfriForum-lede en slagoffers van plaasmoorde glo rond tydens protesaksie

Foto: AfriForum

Foto: AfriForum

Sowat 30 AfriForum-ondersteuners het Maandag aan ’n protesaksie in Pretoria deelgeneem om slagoffers van plaasmoorde te gedenk en ’n mosie van wantroue teen die SAPD in te dien.

Volgens die burgerregte-organisasie versuim die polisie om plaasmoorde as prioriteitsmisdaad te hanteer. Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê daar is ʼn memorandum opgestel wat fokus op die polisie se onvermoë en onwilligheid om daadwerklik teen plaasmoorde op te tree, akkurate statistieke oor plaasmoorde en –aanvalle bekend te maak asook gereelde neerbuigende kommentaar deur senior amptenare van die departement teenoor diegene wat vra vir die prioritisering van plaasmoorde.

Die memorandum verwys ook na die weiering deur die departement en Nathi Nhleko, minister van polisie, om daadwerklik met oplossings vir die krisis vorendag te kom. Nadat AfriForum en naasbestaandes van die slagoffers vir ’n uur in Pretoriusstraat gewag het vir ’n verteenwoordiger van die minister om die memorandum te ontvang, het hulle na die ingang van die hoofkantoor van die polisie beweeg waar kranse ter herinnering aan slagoffers gelê is. Sowat 30 boere en gesinslede en werkers is sedert die begin van die jaar in aanvalle dood.

Foto: AfriForum

Foto: AfriForum

Roets en Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het daarna gepoog om die memorandum by die polisiekantoor in te handig. ’n Aantal gewapende polisiemanne het hulle egter verhoed om dit te doen wat tot ’n gestampery tussen die partye gelei het. Die polisie het gedreig om AfriForum-lede te arresteer.

Bernadette Hall, wie se man David, in 2012 op hulle plaas naby Fochville vermoor is, is ook deur polisiebeamptes hardhandig behandel. Hall was in 2012 ten tyde van die aanval ook aangehou en geslaan. Die moordenaars is op tegniese gronde vrygespreek.

Roets het gesê AfriForum gaan na vandag se voorval klagtes teen Nhleko, genl. Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, en die Tshwane-metropolisie indien.

Roets het gesê AfriForum het al die vereistes van die Wet op die Regulering van Openbare Byeenkomste nagekom het en dat die byeenkoms vreedsaam en wettig was. “Ondanks al die bewyse dat die minister se kantoor en die Tshwane-metropolisie ons kennisgewing om hierdie byeenkoms te hou ontvang het, is daar vandag beweer dat niemand van die byeenkoms ingelig is nie en dat dit, in hulle opinie, ’n onwettige byeenkoms was.”

Roets het die gebeure as “die ergste vorm van onsensitiwiteit denkbaar” beskryf.

Foto: AfriForum

Foto: AfriForum

Hy het gesê: “’n Groep slagoffers wie se geliefdes vermoor is, nader die polisie vir hulp, maar die metropolisie versuim om sekuriteit vir die byeenkoms te reël, die minister weier om hulle memorandum te ontvang en hy stuur sy troepe om die slagoffers rond te stamp nadat hulle vir ’n uur in die straat moes wag. Dit is ’n skending van elke slagoffer se basiese regte op vryheid van beweging, vryheid van spraak en vryheid van liggaamlike integriteit. As die minister van mening is dat diegene wat die prioritisering van plaasmoorde versoek met boelie-taktiek stilgemaak kan word, maak hy ’n reuse-fout.”

Claudine van Wyk, ’n geliefde van drie plaasmoord-slagoffers en haar man, Frik, het ook hul frustrasies teenoor die polisie uitgespreek. “Die polisie is nie goed genoeg opgelei om plaasaanvalle te hanteer nie, hulle het ’n apatiese houding en geen wil om boere en hul werkers te help beskerm nie”, het sy gesê.

Sy het bygevoeg dat sy die polisie wil uitdaag om hul pligte na te kom en meer toegewyd te wees om iets aan die veiligheid van plaasbewoners te doen. “Dit is nie reg dat ’n weerlose ou man pap geslaan is en vasgebind is vir ’n paar rand en ʼn selfoon nie.”

Foto: AfriForum

Foto: AfriForum

Claudine se pa, Sarel Janse van Rensburg is verlede jaar naby Tondeldoos in Limpopo vermoor en die jaar voor dit, is haar oom en tannie, Johan en Gloudien van Rensburg by Cosmopolite buite Baltimore wreed aangeval en geskiet. Gloudien is na twee weke in die hospitaal dood.

AfriForum Jeug het ook kranse gelê om hul ondersteuning te toon.

Paul Kruger, ’n lid van AfriForum Jeug se Tukkies-tak het gesê dat dit vir die jeug belangrik is om mense wat afgeknou en weerloos voel, te kom ondersteun. “Drastiese stappe moet geneem word om plaasmoorde te prioritiseer, gemeenskappe en buurtwagte kan nie alleenlik verantwoordelik wees vir hul eie veiligheid nie.”

Kruger het bygevoeg dat hy dink die polisie is onbekwaam om plaasaanvalle te hanteer en moet beter opgelei word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Paul ·

Hierdie sogenaamde regering is ‘n tipiese bende waarvan Zuma die leier is en die res van die staatsdiens sy bendelede. Hulle beskerm hom ook net omdat hulle weet hy hou hulle in hul posisies en sodra hy gaan, gaan hulle ook verdwyn.

dries ·

Wil net graag weet ,mense oorsee kan hulle ook Maroela media lees.

Sonja ·

Ja Dries, en ons lees en lees Maroela om te kyk of dinge verbeter, want jou land en mense bly in jou bloed en jy verlang vreeslik en wil elke dag jou goed oppak en terug. Party keer sit mens hier ver oor die water van familie en vriende en mis alles wat jy opgeoffer het. Jy verloor ook n pa in die tyd, wat n rou seer wond los, want jy was ver van hom en dis tye wat jy by hom kon wees i.p.v. om ver oor die water te sit. Dis dan dat jy wonder of dit alles die moeite werd was, want dis moeilik, BAIE moeilik en BAIE anders en enige teken van herstel in SA sal maak dat mens dadelik terug gaan, maar soos mens Maroela lees lyk dit eerder of dinge verswak, misdaad lyk of dit vererger, die krag is meer af as aan, die munisipaliteite is bankrot, dan karring hulle nog oor Afrikaans in skole en universiteite en dan wonder mens so in jou seer en verlange dat jy tog miskien die beste besluit gemaak het om jou kinders daar uit te vat, al brand die verlange in jou soos n onblusbare vuur en al hoor jy die seer en verlange in jou ma se stem, al bly jy in n houthut en stelsels wat anderste werk en elke dag n nuwe ding in n vreemde land om aan gewoond te raak. Om te lees en hoor hoe seer jou mense kry en wat hulle elke dag deurmaak, dit is nie lekker nie, dit voel soos my pa en ma wat op die plaas aangeval is, of my gesin by wie ingebreek was en een seer gekry het, ek voel die mense se seer, maar sien ook niks verbeter en niemand hoor die hulpkrete nie en elke dag sterf net nog meer en meer van my mense. Partykeer voel mens soos n vlugteling, maar dan dink ek, Maria en Josef het met baba Jesus uit Bethlehem gevlug vir veiligheid. Dan is daar niks fout om moeilikheid te sien, jou goed op te pak en te vlug vir jou lewe nie. Mag die Here ons mense genadig wees en dinge laat draai in SA, jul is in my gebede. ( Australië)

AJ ·

Ja Dries ek is in Saudi en lees elke dag en my mense bly in toti

Henk Rust ·

Ja. Ook dit bericht toont eens te meer aan hoe deze anc sakp staat ieder geluid over Plaasmoord als volkenmoord op de Boere wil onderdrukken. Die anc sakp politie in deze zogenaamde democratische rechtstaat kan beter ingezet om de volgende Plaasmoord op een onschuldige oude Boer te voorkomen ipv de slachtoffers WEEEEEEEEER in de kou te zetten en verder onheud te bejegenen. Stop Plaasmoord en sterkte aan alle slachtoffers en mensen die zich inzetzten om dit onrecht als misdaad tegen de mensheid te keren.

Henk Rust ·

2 type/tikfouten
– onheud moet zijn onheus
– inzetzten moet zijn inzetten

Nogmaals sterkte aan alle Boere in en buiten SA die door dit criminele onmenselijke bewind en linkse ‘Gutmensch’ meelopers worden en zijn onderdrukt en verminkt. Probeer u asb/aub te verenigen met een centraal meldpunt betreffende Plaasmoord/farmmurder binnen EN buiten SA door informatieverschaffing, inventarisering, coordinatie gericht op een miljardenclaim voor ALLE SCHADE !!!!!

J.Z ·

Die polisie is nie so onbekwaam as wat dit die ANC se agenda is om boere en wit mense te ignoreer .Witmense en boere kan aanneem dat alles wys daarop dat daar n oorlog verklaer is teen hulle enhulle nie as burgers van die land geag word nie,In dien daar iemand is wat dit nie in sien nie, laat hy my kom oortuig dat ek verkeert is.

C1 ·

Ja my simpatie en ondersteuning is bankvas agter die slagoffers en organiseerders van vandag se aksie. Maar ‘n weerspieeling van regverdiging weet u en ek sal nie noodwendig op die wyse geskied nie. Ons bly verknog aan pogings wat vergelyk kan word met notas op die kennisgewingsbord van ‘n plaaslik gemeente. Nee…met groot afwagting maak ek gewag op die VN voorlegging.

Pieter Louw ·

Ek sal graag wil weet wat die DA se opinie is,of het hulle stilstuipe?

poplap ·

Ek glo vas hulle gee ook nie om nie – hulle is net ‘n verskansing van die ANC – word wakker!!

George ·

As ek moet oordeel lyk dit vir my asof die polisie se houding kwaadwillig is. Opleiding en dissipline is ook maar ‘n groot probleem.

CHRISTA ·

Hoekom sal die minister van polisie haar aan moorde op boere steur? Dis mos die ANC se leuse: KILL THE BOER, KILL THE FARMER!!!

Buitelander ·

Ja Dries, orals in die wêreld word Maroela Media gelees. Op Google is ook baie berigte. Gee in byvoorbeeld : farm killings in South Africa.

Victor ·

Dis hoekom ons witmense moet saamstaan teen die anc en al sy geite en domgeid..! Ons moet begin aksie neem en dinge in ons eie hande neem, want heel duidelik gee die anc en die polisie nie om nie en gan hulle net mooi niks daaromtrent doen nie…

Olga Joubert ·

Dit is so duidelik soos daglig dat ons die teikens is. Eindlik is ek stom en bang vir ons toekoms.

Shannon ·

Ek dink dis dringend nodig dat Afri met die minster van veiligheid vergader om hom te versoek om op te hou om hulle rond te stamp. Indien dit nie vrug werp nie moet hulle met `n hofsaak begin.

Victor ·

Sleg! UITERS sleg!! Hoekom het Sudi-Afrika polisie as hulle onbevoeg is en nie hul werk kan doen nie…??? Hoe lank gan dit nog aanhou?? Hoeveel Boere en witmense moet nog grusaam vermoor word , voordat die regering wakker word…???

Zuma se mos Suid-Afrika is n demokratiese land…. Watse demokrasie is dit as witmense se menings/regte onderdruk word…??

Hannes ·

Ek glo nie ons moet bang wees nie! Versigtig ja en dat ons moet terrug keer na ons Skepper en vir bid vir krag en leiding!

Henri ·

Moes die vreedsame protes en petisie teen die patetiese polisie nie ook by die Openbare Beskermer se kantoor gewees het nie, met die media se teenwoordigheid nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.