Polisielede vas oor omkoopgeld

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Brits, Noordwes, het twee beamptes in hegtenis geneem nadat hulle glo omkoopgeld aanvaar het vir beweerde afpersing.

Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee konstabels, 32 en 33 jaar oud, is Sondag in hegtenis geneem nadat hulle glo omkoopgeld van ’n Zimbabwiese plaaswerker aanvaar het.

“Volgens die inligting wat ons ontvang het, het die Zimbabwiese man se vriendin die beamptes gevra om haar te vergesel na die plaas buite Brits waar hy werk sodat sy haar klere kon gaan haal.”

Volgens Hlathi het die beamptes vir die Zimbabwiese man gevra om sy paspoort vir hulle te wys. Hulle het glo vasgestel die paspoort is nie gestempel nie en hy het ook nie toestemming om in die land te wees nie. “Die beamptes het toe glo R700 van die man geëis om hom nie in hegtenis te neem nie.”

Hlathi het gesê die polisie is van die beweerde onderhandeling in kennis gestel en die beamptes is in hegtenis geneem terwyl hulle steeds aan diens was. “Die beweerde omkoopgeld is in die polisievangwa gevind wat hulle gebruik het.”

Die Valke sal die saak verder ondersoek. Die beamptes sal binnekort in die Brits-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

GES ·

Die konstabels hoort nie in die polisiediens nie. Hoe word korrupsie met korrupte beamptes uitgeroei?

Johann Marx ·

In sommige kulture doen mense vir mekaar goed sonder om enige iets terug te verwag. As hulle dan ‘n geval soos hierdie raakloop, dan word dit beskou as korrupsie. Hierdie is net vir sommige kulture korrupsie. In ander kulture is dit ‘n aanvaarbare praktyk om vir iemand wat vir jou iets doen, iets te gee. Byvoorbeeld: Jy “reël” ‘n vergadering met die president van die land vir ‘n wapenvervaardiger van Frankryk, en hulle gee vir jou ‘n Mercedes vir jou moeite. As jy eers verstaan hoe so ‘n aksie gesien word in die verskillende kulture, sal jy ook verstaan hoekom die ontvanger van die “geskenk” nie kan verstaan waaroor die bohaai gaan nie. “Ek doen vir jou iets, en jy gee vir my iets.” Presies dieselfde in die geval wat beskryf word in hierdie artikel: Die polisiemanne het vir die vrou en haar man iets gedoen, en hulle het iets terug verwag.

Mick ·

Die polisie man is ‘n Staatsamptenaar wat ‘n salaris verdien vir sy moeite. Afpersing is ‘n misdaad. Ek betaal my water en ligte rekening elke maand vir ‘n diens wat ek ontvang. Die polisieman word reeds betaal vir die diens en mag nie geld eis vir sy moeite nie. Ek betaal niks ekstra aan Eskom se bestuur omdat hulle vir my iets doen nie. Blatante Korrupsie soos vervolmaak deur “VOUTA’S”.

Elinette ·

Hond se doilie, Johann! Daar is vir seker ander tradisies waarin “tit-for-tat” nie ongewoon is nie, eintlik is dit heel gewoon! Maar in SA is die polisieman in ‘n staatsbetaalde werk; hy kry reeds besoldiging en voordele vir die werk wat hy doen. Daarom is dit onaanvaarbaar om addissionele vergoeding te vra, eintlik af te dwing, vir “gunsies”. In dié geval het hulle die man met inhegtenisname gedreig omdat hy onwettig in die land was. M.a.w. hulle het die wet gebruik om die wet te verbreek.

Amanda Van Vuuren ·

26 Jan

Dit breek my hart om op n daaglikse basis te hoor of te lees van al die korrupsie wat id polisiemag aangaan. My pa is n afgetrede polisieman en ek was deur die jare so trots om die dogter van een vd lede te wees.

In vandag se lewe kan geen mens meer onderskei tussen wie eerlik is of wie nie. Soms is mense te bang om die SAP te nader, want baie van hulle ways het erg verander. Dit veroorsaak onsekerheid by die publiek en meer. Nou is my vraag net, as jy korrup wil wees as lid vd SAP, maak dit dan tenminste die moeite werd?? Om uitgevang te word vir n skamele R700 en dan bv jou werk te verloor is vir my sooooooooooo nie die moeite werd nie?? As n polisieman op die einde id tronk beland of uitgevang word moet die omkoopgeld sekerlik in meer as eendag spandeer kan word?? Dis ook duidelik, dat al is die bedraggie hoe klein, dit nie n guaranteed manier is om daarmee weg te kom nie??
Dit alles maak my siek en baie sad…Alles n gejaag na wind…

Winston ·

Vangwa is n swak woord vir polisievoertuig of patrolliewa. Dit is hoekom hulle mense probeer vang en nie arresteer nie. Altwee behoort ontslaan te word. Net “waiters” kry “tips”. Vangwa is wa wat rondloper honde en katte vang.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.