Polisielede vas vir beweerde diefstal van drank, sigarette

Argieffoto

ʼn Polisiesersant het Vrydag in die Rustenburg-landdroshof in Noordwes verskyn en is op borgtog van R1 000 vrygelaat nadat sy aangekla is van diefstal en regsverydeling.

Sers. Cindy Nidene Roos (39) is Woensdag in hegtenis geneem vir die beweerde diefstal van sigarette ter waarde van R6 000, het brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder in Noordwes, gesê.

Roos het glo die sigarette uit die Rustenburg-polisiestasie se bewysstoor uitgeteken onder die voorwendsel dat sy dit na die forensiese laboratorium sou neem, het Mokgwabone gesê.

In ʼn afsonderlike voorval is twee polisiesersante in die Klerksdorp-landdroshof op waarskuwing vrygelaat nadat hulle ook van diefstal en regsverydeling aangekla is.

Mokgwabone het gesê Thabang Selebale (40) en Tshepo Pooe (35) is Woensdag in hegtenis geneem vir die beweerde diefstal van drank ter waarde van nagenoeg R10 000.

“Na bewering het die beamptes met twee burgerlikes, Morgen Mofokeng (38) en Timothy Nkola (40), saamgespan en die drank glo van drie vroue gesteel.

“Mofokeng en Nkola het die vroue glo oortuig om hulle stokvelklub se drank aan hulle te verkoop. Selebale en Pooe het skielik in ʼn ongemerkte polisievoertuig te voorskyn gekom en die gedreig om die vroue vir ʼn oortreding van die afsonderingsregulasies in hegtenis geneem,” het Mokgwabone gesê.

Hulle het glo beslag gelê op die drank, dit in ʼn rooi Mini Cooper gelaai wat een van die burgerlikes bestuur het, en weggery.

Die drank is egter nooit as bewysstuk by die polisiekantoor ingedien nie.

Mofokeng en Nkola is verlede Saterdag in hegtenis geneem. Nkola is op waarskuwing vrygelaat en Mofokeng op borgtog van R500. Hulle sal volgende maand saam met die twee polisielede in die hof verskyn.

Lt.genl. Sello Kwena, provinsiale polisiehoof in Noordwes, het die polisielede se beweerde optrede veroordeel en gesê dit kan nie in die polisie geduld word nie.

Die polisie het die afgelope paar weke, tydens die afsonderingstydperk, beslag gelê op talle besendings drank en sigarette en nagenoeg 230 000 mense is vir oortredings van die afsonderingsregulasies in hegtenis geneem. Dit sluit in die onwettige koop en verkoop en vervoer van sigarette en drank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

antieke antie ·

ja sy en haar familie baat al die pad….en veroorsaak dat die staat nie belasting van tabakverkope kry nie

antieke antie ·

ja winsgewend vir die polisie en kie wat opmaak vir die ander verlies aan bribes …. en die ander het die delers en stelers gescore

Harold ·

Maak nie saak wat die rede,sluot hulle toe en gooi die sleutels weg,hul ken die reg.Van hulle is nogal ons piepols ook,wat n skande!!!

Ben ·

Kan nie glo dat “Roos” ons naam so weggooi nie. Sies. Hulle moet haar nie afdank nie. Hulle moet haar wegjaag.

Mathilda ·

Mnr Cele, wat se jy nou??? Jou eie lede is die grootse korruptes en kriminele

Kanjynoumeer ·

Daar issiiit. Dit wys jou dit is geldige kommentaar wat gelewer word.
Nou moet jy respek hê vir polisielede.
Wie kan jy vertrou en wie nie?
Die skuldiges besmeer en beswadder die hele polisie se naam.
Ag nee siesa!

Stella ·

Soos hul sê ” I rest my case” . Hulle kan maar oral gaan ondersoek of wat gekonfiskeer is nog veilig is .

Anel ·

Dit is alles verkeer. Maar kyk bietije die verskil. Die waarde van die blanke se beweerde diefstal is R6000. 00 en sy kry
R 1000.00 borg. Die ander twee se wasrde is R10 000.00. Die een word op waarskuwing vrygelaat en die ander een op R 500.00.
Wie sê die sers wou nie die goed na forensies neem nie?

Herman ·

Maroela lyk my slaap ook, op die ander koerante praat hulle van drank wat verkoop mag word maar sigarette nogsteeds verban op vlak 3. Sigarette hou baie minder gevaar in as drank, na so paar sopies dan wil mense kuier en rondry. Hier kom groot marakas

Fedup ·

Typical. We are not allowed anything and they can do affirmative shopping. Where the hell us that useless mad hatter?

Scalla ·

Daar is SAPS lede wat kop in een mus is met die onwettige verkoop van drank en sigarette, self gesien

Sarel ·

Ek sisn en lees die kommentaar oorcdie Polisie in die berig en vergelyk dit met die hoeverlheid kommentaar by die Poliesman van Krasiftn
Ja mense steur hulle net aan negatiewe berigte dit is hoekom die wereld so negatief is.

Jack ·

Bedrag van borggeld word seker gekoppel aan iets anders as die graad van die oortreding. Beide was diefstal. Wys jou die kanker van korrupsie loop al diep in die polisie en die vertroue in polisielede bestaan nie meer nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.