Twee polisiebeamptes is Dinsdag aan die Wes-Rand in hegtenis geneem nadat hulle glo omkoopgeld gevra het en op pynappelbier beslag gelê het sonder om dit by die polisiestasie in te teken.
Volgens Ndileka Cola, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), is die twee beamptes van Khutsong se sigbare polisiëringseenheid op 15 Augustus na ’n huis in Khayalethu.
Daar is op pynappelbier in emmers afgekom en die twee beamptes het daarop beslag gelê en ’n vrou in hegtenis geneem. Die beamptes het glo R2 500 se omkoopgeld geëis om die vrou vry te laat.
Die vrou het glo die geld betaal waarna die twee beamptes met die bier daar weg is, maar dit nooit by die polisiestasie ingeteken het nie.
’n Saak is aanhangig gemaak en deur Opod ondersoek waarna die twee konstabels op aanklag van korrupsie in hegtenis geneem is.
Die beamptes, ’n 35-jarige vrou en ʼn 33-jarige man, sal na verwagting vandag in die Oberholzer-landdroshof verskyn.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
24 Kommentare
Ons polisie is skelms.
Tiptol
Praat jy dis ons Maafija daai . Net in blou ienieform .
Hoedeman se trotse mag, is seker deel van hul opleiding posedure.
Die ergste is, wanneer jy sulke berigte lees is jy nie eers geskok nie.
Jaag weg, hulle is Sleg.