Polisielede wat jok oor k-woord hoor dán hul lot

Annemarie Oosthuizen (Foto: Solidariteit)

Die twee polisiebeamptes wat hul eertydse bevelvoerder, lt.kol. Annemarie Oosthuizen, valslik van rassisme beskuldig het, sal vandeesweek nog gevonnis word.

Renate Barnard, ʼn sektorkoördineerder by Solidariteit, sê die betrokke polisiebeamptes sal Vrydag in die Klerksdorpse streekhof in Stilfontein gevonnis word nadat strafverswarende en -versagtende getuienis Woensdag in die hof aangehoor is.

Die twee polisiebeamptes is reeds in Junie vanjaar skuldig bevind aan aanranding, regsverydeling, meineed en crimen injuria.

Volgens Barnard sal die vonnis ’n bewys daarvan wees dat rassisme en veral vals klagtes van rassisme nie geduld sal word nie en dat oortreders aan die pen sal ry vir misdrywe van dié aard.

Sy sê die afhandeling van die saak is nie net ’n groot verligting nie, maar ook ’n groot oorwinning vir Oosthuizen, Solidariteit asook elkeen wat teen rassisme staan.

Maroela Media het vroeër berig Oosthuizen het reeds in 2017 dissiplinêre stappe ingestel teen die twee junior lede onder haar bevel wat hulself skuldig gemaak het aan wangedrag deur sonder toestemming of verlof nie vir werk op te gedaag nie. In reaksie op die dissiplinêre stappe het die twee adjudant-offisiere ʼn klag van crimen injuria teen Oosthuizen geopen deur aan te voer dat sy die k-woord gebruik het om na hulle te verwys. ʼn Voormalige intern, Elizabeth Sechele, het egter na vore getree om teen hulle te getuig, al is sy ook later geïntimideer en het sy vir haar lewe gevrees.

Oosthuizen is tydens ʼn departementele verhoor van die SAPD onskuldig bevind op al die aanklagte van wangedrag. Tydens die verhoor is ook bevind dat die adjudant-offisiere en hul getuie blatant onder eed leuens vertel het.

Solidariteit het Oosthuizen in die saak bygestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

JohanR ·

Hou maar skelm ‘n kamera en klank aan as jy iemand moet dissiplineer, want jy weet nooit waaneer jy sal moet uithaal en wys daar by HR nie. Ek doen dit in my kar as ek by ‘n padblokade af getrek is. Dit is noodsaaklik in SA veral waar daar gevra word vir omkoopgeld. Jy kan dan die ou se gesig en stem hoor en die hof kan dan se hoesit!

Niklaas ·

Dis eintlik aan die toeneem , hierdie valse beskuldigings en ons sal dit nog baie teëkom. Gewoonlik as daar tugstappe is teen lede van “our people” is dit nie lank voordat daar gehuil word oor rassistiese viktimitasie en dit moet dan dadelik ondersoek word.

Genis ·

Hoop hulle kry n behoorlikke straf… Hulle skuil agter die K-Woord

Dries ·

Ek hoop mevrou Oosthuizen dagvaar die rook uit hulle uit, regbo tot by Bekkie!

Jean ·

Die straf moet dieselfde wees anders om ook., K woord gebruik of jok oor dit.

Cecilia ·

Wat n oorwinning. Mooi so en geluk aan d 1 lid qat teen haar eie makkers getuig het. Hulle is vinnig om ons v rassisme te beskuldig met d verbode woord maar as hulle ons Whitties of julle boere noem is dit niks.

antieke antie ·

ek wonder of dit nou aanvaar kan word dat as n wit mens aangespreek word as ‘boer en larney’ ens ook nou as skelwoorde beskou kan word ….. want ai die raskaart/rassis word so maklik n verskoning ens sodra iemand hulle nie kan gedra nie.

Lynette ·

Dis jammer daar word nie berig HOE sy bewys het dat sy dit NIE gesê het nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.