Polisielede woedend oor Malema-uitlatings

Julius Malema (Foto: EFF/Twitter)

Die burgerregteorganisasie AfriForum en die vakbond Solidariteit het Woensdag strafregtelike klagte teen Julius Malema, die leier van die EFF, ingedien nadat hy die polisie die afgelope naweek oënskynlik gedreig het.

Klagte van laster, sameswering vir aanhitsing tot geweld en aanranding is vanoggend by die Lyttleton-polisiestasie in Pretoria aanhangig gemaak.

Malema het die afgelope naweek aan ’n skare in die Vrystaat gesê die EFF wil polisielede en hul gesinne in hul huise teiken. Die omstrede partyleier het boonop gesê die polisie dink hul uniform gee aan hulle ’n vorm van meerderwaardige mag. “Ons sal julle sien nadat julle die uniform uitgetrek het, snags in jul huise …”

Renate Barnard, Solidariteit se sektorkoördineerder vir die openbare sektor, sê meer as 1 000 polisiebeamptes het Solidariteit intussen genader oor dié dreigemente.

“Solidariteit is oorval deur polisielede van oor die land wat hul skok, ontsteltenis en algehele verontwaardiging uitgespreek het oor Malema se woorde en dreigemente.

“Dis onaanvaarbaar dat ’n politieke leier wat ’n eed afgelê het om die Grondwet en ander wetgewing van die land te eerbiedig en te respekteer op só ’n gewelddadige manier uitvaar teenoor die polisie,” sê Barnard.

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, meen dit is duidelik dat Malema steeds glo hy is bo die reg verhewe.

“Die rede waarom Malema ten eerste hierdie opmerkings maak, is dat daar tot op hede nie gevolge was vir al die vorige voorvalle waartydens hy openlik geweld aangehits het nie. Indien die polisie hierdie saak nie met die nodige erns hanteer nie, sal Malema dit as ’n bevestiging beskou dat hy inderdaad bo die reg verhewe is.”

AfriForum se private vervolgingseenheid sal die saak dophou en indien Malema nié deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) vervolg word nie, sal die eenheid hom privaat vervolg.

Die DA het intussen ook ’n beroep op Cele gedoen om Malema van aanhitsing tot geweld aan te kla.

Cele het Malema se uitlatings vroeër veroordeel en polisiebeamptes gevra om hulself te beskerm indien hulle op enige manier bedreig word. Die opposisieparty meen dit is nie goed genoeg om die uitlatings bloot te veroordeel nie en dat daar daadwerklik opgetree moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Pieter ·

Tyd om die karakter aan die bek te ruk en sy rassisme hom laat betaal en almal in sy party met hulle privilege om te maak wat hulle wil en se wat hulle wil. (Sonder vervolging)

Lorna ·

Mag ons in sekere gevalle haat
Wonder maar net
Komaan afriforum en solidariteit julle weet julle gaan nerens kom nie

Mauritz ·

Afriforum en Solidariteit probeer ten minste om iets te doen. Wat doen jy, behalwe om te kritiseer?

Termiet ·

Solidariteit en Afriforum word nie gekritiseer nie. Ons regstelsel wel. Die Howe sal sorg dat hy niks oorkom nie.

Lorna ·

Dis wat try sê
Regtig mauritz
Ek as baie ou tand in die land
Hulle het telke male bloedneus gekry in hof
Jy is reg ek kan nie eers n brood koop vandag nie

daniel ·

Hy is nie n intelligente persoon nie en sulke mense is gevaarlik vir die land se vreedsame voortbestaan.

Kaal Keiser ·

Na hoeveel klagtes gaan jul agter kom die man is onaantasbaar… hy kom weg met alles. van sars tot elke uitlating en optrede.

Patch ·

Ek stem Kaal Keiser. As regverdige reg en geregtigheid vroeer geskied het was die bliksoldaat en van sy minions al agter tralies. Cele en Mnr die president is sy puppets on a string. Ek hoop noudat Afriforum en Solidariteit ingryp sal daar iets van kom. Laat ons wag en sien…

Adam Adriaan ·

Dit is darem ironies. In Senekal sit Cele en Malema hand om die blaas in die hof. Nou kan Cele nie sy mond genoeg uitspoel oor die rooi hemp nie. Wys net weer die ongeloofwaardige optrede en gedrag van beide die ANC en die EFF. Die leiers van die land is nie eers touleiers nie. Kan net so wel van hulle ontslae raak. Die land se regerders is siek van ‘n magsdronk pes. “Our People” kom dit nie eers agter nie. Hulle dink dit moet maar so wees.

Juls ·

Cele het net iets gese omdat hy forseer was om iets te se, nogal ‘n dag laat ook…. Hulle is dik pelle…

AndréS ·

As die polisie lede nou al vir Solidariteit moet nader sê dit nie veel van ons sg minister van polisie nie

Jakes ·

Ek kan nie verstaan hoe Cele in enige verantwoordelk pos as ministe aangestel word nie , Maar dan weer watter van sy kollegas is bekwaam vir hul poste?

Persheks Adri ·

Mal-emma se eed beteken NIKS nie! Hy respekteer niks en niemand nie. Tyd dat die polisie hom toe sluit! Of is hulle bang vir hom?

Althes ·

JM het met sy uitlating die streep duidelik in die sand getrek. Die ANC regering sit nou met ñ tameletjie want hul moet hom berispe na sy dreigemente teen die Staat.
JM se uitlatings strek aan sameswering aan terreur, intimidasie, aanhitsing tot geweld en om moord te pleeg.
Die regering te bang vir JM om self ñ klagte te lê, nou moet Afriforum en Solidariteit die werk doen van die minister!

Barney ·

Ek kan nie verstaan dat die EFF nog toegelaat word om aan enige verkiesings deel te neem nie. Hulle optrede is tog sekerlik onkonstitusioneel.

Jaco ·

Swart EFF wil meestal swart polisie teiken. Polisie word beheer deur die ANC. Die EFF se groot gekla is altyd oor rassisme. Waarom dan die meestal swart polisie wat deur die swart ANC regering beheer word, teiken? In SA kan swart mense dan nie rassisties wees nie. Dis mos net ‘n eienskap van wit mense. Iets maak dus regtig nie sin nie.
Aan die anderkant: duidelik is daar nog baie onmin tussen die EFF en die ANC. Dis eintlik ‘n goeie ding, want dit stel darem onteien sonder vergoeding nog ‘n rukkie uit. As Afriforum se klagte verder gevat word en hulle wen dalk die hofsaak en maak malema bietjie stil, dan is die deure vinniger oop vir onteiening sonder vergoeding.
Afriforum moet nou eers vergeet van betrokke raak by sake waar die EFF en die ANC met mekaar vassit. Dit het NIKS met Afriforum se eintlike belangegroep te doen het nie, help ons eie mense wat reeds so swaarkry absoluut niks. Konsentreer eerder op die bekamping van plaasaanvalle en plaasmoorde, beveg regstellende aksie ens.

Androclus ·

Cele is ‘n papbroek ek weet nie wat soek hy in daardie pos nie,dis net vir selfverryking wat hy daar is ,hy doen absoluut niks.

Wikkelwillie ·

Aan boere se Cele dat hulle liewer die polisie moet bel. Wat n klomp marionette

daniel ·

Waarom word Malema as heilig en onaantasbaar beskou?.
Ek kan nie onthou dat hy ooit as heilige verklaar is nie .

JohanR ·

Ek dink in die geval was dit ‘n stap TE ver vir Julius Malema. Jy dreig nie polisiemanne ge hulle gesinne in hulle huise nie want dan word dit ‘n geval van terrorisme. Ek dink daar sal iets positief uit AfriForum en Solidariteit se klag kom. Julius Malema is ‘n gekiesde van die EFF, en bevind homself in die parlement van Suid Afrika. Is hy nou ooit in daai parlement gebou?

Casper ·

Dit is tyd dat malema in die bek geruk word en die eff verbied word om saamtrekke te hou want dit gaan gepaard met geweld.Rampie en omie met die hoed moet nou hulle Staal wys en optreë.

Lee ·

Hy wil polisie lede en hulle gesinne in hul huise teiken, omdat hulle die EFF skare uit mekaar moes jaag – hy is n muis, behandel hom soos een asb – hy is nie enige God of minister nie, hy is mal

Kaptein ·

Cele sal niks doen nie. Hy is meer bek as binnegoed. Praat en dreig baie en doen niks.

Debbie ·

Ek dink dit moet lekker wees om in Julius Malema se regspan te wees. Jy sit nooit sonder werk nie. Nooit ‘n tekort aan werk of opwinding nie. Hy verseker dat sy mense werk vir hul geld…

Dup ·

As dinge net so voortgaan en daar word nie teen Malema opgetree nie,kan ons Minister maar sy hoede almal helder rooi laat kleur.

Androclus ·

Minister wat nog nooit in sy lewe .n konstabel was nie,wat te se nog ‘n verklaring af neem,maar hy is minister van polisie.
Belaglik

Elsa ·

Laat n paar polisiebeamptes by sy huis gaan kuier.
Speel die bal

Tienie ·

Leë blikke….

Maak die grootste lawaai….

Graag sal ek ook wil weet wie betaal hom wat om soveel brawade te wil toon.

Wel die kleine anc het nie die “guts” vir die MAGTIGE Malema en Ace vennootskap nie….

gatgogga ·

Cele se reaksie was pateties. Hy se basies: “Bring it on”!
Is dit hoe ‘n minister sy mense beskerm?

gatgogga ·

In kierdie ernstige geval, kan ‘n klag nie by die ICC ingedien word nie?

Herman ·

En hy loop lekker buite rond en ontwrug als en almal. Hy moet tronk toe.

daniel ·

One sal sien hoe hierdie nuwe en baie ernstige uitlatings deur die regering hanteer gaan word,dit sal n aanduiding wees of die ANC die skuldiges bo die reg ag

Essie ·

Wat ek nie kan verstaan nie is hoekom het Mr Hoed ook nie self ‘n klagte ingedien nie? Of voel hy veilig met al sy lyfwagte…vra maar net

sunet ·

Soos gewoonlik sal mister malema wegkom met ALS. Ek dink net by myself… wat sou gebeur as ek so iets se? Binne 5 min met my gaai in die tronk.

Antoinette ·

Die man is duidelik psigoties. Hou hom fyn dop as hy so te kere gaan.

Derek ·

Nog nooit so n onstabiele persoon gehoor nie. In Senekal wou hy die polisie beskerm, nou wil hy hulle vernietig. Die nuwe Suid Afrika!

pompies ·

Ek was onder die indruk dat die eff die nuwe polisie mag is want hulle beskerm dan nou al die regerings instansies en eiendom soos in die vrystaat gedoen is. Was ek miskien onder die verkeerde indruk gebring of was dit net om die boere te probeer intimideer? Die anc het hom groot gemaak so hulle moet nou maar die gebakte pere eet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.