Polisielid, plaasvoorman vas ná ‘stropery’ op plaas

Die polisie het beslag gelê op die vuurwapen en ‘n minibussie waarin die mans gery het. (Foto: SA Polisie)

ʼn Polisielid, ʼn plaasvoorman en nóg drie mense is in hegtenis geneem nadat hulle die afgelope naweek betrap is waar hulle glo minstens drie diere op die plaas Kopbeenpan naby Tolwe in Limpopo gestroop het.

ʼn Buurman het Saterdagmiddag onraad vermoed nadat hy ongewone beweging op die plaas gesien het en het gaan ondersoek instel. Die groep het teen dié tyd glo reeds ʼn duiker en ʼn rooibok op die wildsplaas geskiet en ʼn blouwildebees gekwes.

Dié dier het nog gewond in die veld gelê toe die polisie na die toneel ontbied is.

Na verneem word, het die buurman die polisie om toestemming gevra om die dier uit sy lyding te verlos en van kant te maak.

Brig. Motlafelo Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, het bevestig een van die vermeende stropers is ʼn 39-jarige konstabel verbonde aan die Benoni-polisiestasie in Gauteng.

Hy het gesê die polisie het beslag gelê op die gestroopte diere, asook die vuurwapen wat gebruik is en die minibus waarin die groep gery het.

Die polisielid het op die toneel glo gesê die wapen behoort aan hom, maar volgens Mojapelo word die eienaarskap in dié stadium nog nagegaan.

“Hulle verskyn môre in die Phala-landdroshof.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Polisie ·

Mens en dier se lyding is nimmereindigend onder die spul. En wat die polisie aanbetref, is daar mense wat aanhoudend kerm oor meer polisie sigbaarheid op platteland. Rerig?

E ·

Wat het dit met die prys van eiers te doen? Wil jy “victim blaming” doen? Boere het ook nodig om soms weg te wees van hul plase en veral ‘n breuk te neem. DAAROM dat hulle vir mekaar uitkyk. Meer as wat mense in die stad doen.

E ·

Steun jou 100%, Ons kan misdaad met 50% kry as daar nie borgtog is nie. Borg in ons land is ons hele probleem.

Scalla ·

Op my plaas was die polisie die grootste poachers van wild vernaam as hul nag patrollie ry, gelukkig bring hul mekaar uit na n tyd.

marous ·

Hopenlik gaan Tolwe se polisie by die hof betoog teen borg .

Judge Dredd ·

….wat dink julle gaan gebeur as hulle die kommando stelsel weer herinstel? …….

Quintus ·

Die beampte is van Gauteng en nie Tolwe self nie. Dalk was dit die voorman wat skelm was en beampte toestemming gegee het om op die plaas te jag sodat hy geld self in sy sak kon druk.

Hanna Hoekom ·

Ten minste was die SAPD vir n slag EERSTE op die toneel… Geloofwaardigheid voor kundigheid. En dan pluk ons die vrot vrugte.

humor ·

Judge Dredd die doodstaf sal vinnig ingestel word en kommandolede sal magteloos wees. Polisie se straf behoord baie strenger te wees as in ander gevalle, want hul pleeg verraad.

Hagar ·

As iemand nog dink die kommandostelsel sal soos voorheen lyk dan misgis hy hom liederlik. Die bevolkingssamestelling sou in aanmerking geneem moet word. Daar sou ook kriminele wees wat jag vir vleis om te verkoop. Arbeidsverhoudinge binne die kommando sou haglik wees. Rassisme sou aan die orde van die dag wees,ens ens.

Christa ·

Weereens polisiman. Die mense met die grootste misdaadrekord word in polisiediens opgeneem

Attie. ·

Daar is nog goeie lede in die SAPD en ons salueer julle. Indien daar egter by my huis ingebreek word sal ek die saak nie rapporteer nie. Indien die skelm my veilgheidstelsel en my rewolwer en my honde kan omseil dan mag hymaar vry rondloop. Vet sweterigge poliesmanne wat verklarings kom neem word nie in my huis toegelaat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.