Polisielid skiet glo meisie dood

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

ʼn Polisiekonstabel het homself Donderdag oorgegee nadat hy glo sy meisie in hul huis in Delft, Kaapstad doodgeskiet het.

“Die paartjie het glo teruggekeer van die Bellville-hof waar die man verskyn het in verband met ʼn saak van huishoudelike geweld teen hom,” het Grace Langa, waarnemende woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod), in ʼn verklaring gesê.

Die beampte het glo sy dienspistool gebruik om die 37-jarige ma van sy twee kinders te skiet. “Na bewering is 15 skote gevuur,” het Langa bygevoeg. Die paartjie se twee kinders was glo tydens die misdaad in die huis.

Die paartjie het glo ook ʼn geskiedenis van huishoudelike geweld.

Die 36-jarige beampte het homself aan die Delft-polisie oorgegee en hy is in hegtenis geneem. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kellies ·

Ek wonder of almal wat so ‘n magtige bohaai oor Oscar Pistorius opgeskop het nou nog ‘n groter bohaai hieroor gaan maak? Hierdie klink vir my baie erger as Oscar se saak!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.