
Argieffoto
Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek ’n voorval waar ’n polisiebeampte verlede week Sondag ’n onbekende 28-jarige man in die Maoti-omgewing in Durban doodgeskiet het. Die polisieman was van diens af ten tye van die voorval en is steeds nie in hegtenis geneem nie.
Sontaga Seisa, woordvoerder van Opod, het in ’n verklaring gesê die 35-jarige polisiebeampte het ’n woordewisseling met die oorledene gehad. Die polisieman het daarna ’n skoot afgevuur en die man is doodgeskiet.
Die polisie het die voorval by Opod vir verdere ondersoek aangemeld. Opod ondersoek tans die saak.
Seisa sê in die verklaring Opod het sedert die voorval talle media-navrae ontvang oor wanneer die polisiebeampte in hegtenis geneem gaan word.
“Ons probeer om soveel as moontlik kritieke bewyse in te samel voordat ons iemand in hegtenis gaan neem op grond van die verklarings en tegniese verslae,” sê Seisa.
Seisa sê sodra toepaslike en konkrete bewyse ingesamel is, sal hulle die saak na die Nasionale Vervolgingsgesag verwys vir ’n beslissing oor vervolging.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
“Hy is steeds nie in hegtenis geneem nie….. kritieke bewyse moet eers ingesamel word”. Was dit enige ander persoon was hy onmiddelik in hegtenis geneem. Die verweer gaan seker wees dat die oorledene die beampte se wapen wou afneem.
sekere polisie is regtig nie betroubaar nie… dis baie jammer,,, hul het geen trots vir hul werk nie.. verhuur / verkoop / gebruik hul vuurwapens om moord te pleeg!!!
Ek weet van mense wat summier gearresteer is, nadat vals klagte teen hulle ingedien is = geen vooraf ondersoek mbt meer inligting en/of bewysse nie. Een persoon het onskuldig 5 dae in polisie selle deurgebring onder die haglikste omstandighede – word vrygelaat omdat die klagte vals was!
Waarom opod ? Hy was van diens af !
Gaan seker eers n kommissie van ondersoek instel