Polisielid skiet vrou voor hy glo selfmoord pleeg

(Argieffoto: Marcus Trapp/pixabay)

Die polisiewaghond stel ondersoek in nadat ʼn beampte verbonde aan die openbarepolisiëringsorde-eenheid op Springbok in die Noord-Kaap Saterdag glo sy vrou doodgeskiet en nog ʼn man gewond het.

Grace Langa, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), sê polisiebeamptes is omstreeks 08:00 na die toneel ontbied waar die 29-jarige polisiesersant se vrou drie keer geskiet is – een keer in haar regterskouer en twee keer in haar onderlyf. Die 32-jarige vrou is op die toneel dood verklaar.

Die beampte het daarna ʼn 24-jarige man in die kop geskiet. Volgens Langa is die man in ʼn bedenklike toestand en hy sou vroeër vandag van ʼn hospitaal op Springbok na Upington oorgeplaas word.

Die polisiesersant het glo van die toneel gevlug en is later op die Carolusbergpad aangetref waar hy glo selfmoord gepleeg het deur hom in sy motor te skiet.

Langa sê die ondersoek na die gebeure, wat die motief vir die skietery insluit, duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Zombie ·

Drie mense is aan onnatuurlike oorsake dood, Shakespeare. Dit is die rede waarom daar ń GDO gedoen moet word, selfs al blyk die “feite” vir jou voor die hand liggend te wees.

Keelvol ·

Niemand weet waar deur n polisieman gaan nie. Daar is geen emotionele support vir ons nie. Ons word die heeldag deur n ondankbare land sleg gesê. Ons sien goed wat die publiek slegs op tv sien of in die media lees. Die kommentaar hier wys dit ook.

Zombie ·

Jou kommentaar het nogal aan my gevat, Johan. ń Paar jaar gelede het ń jong poliesman vir my vertel dat hy vir die eeste keer op ń selfmoordtoneel gewerk het. Die persoon het sy eie lewe met ń 12 boor haelgeweer geneem. Die toneel was dus nie mooi nie.
Die storie het die poliesman erg gevang en hy het vergeet om na sy skof vir sy vrou ń brood te koop. Toe hy by die huis aankom, het sy hom erg daaroor uigetrap. Hy het nie emosionele ondersteuning by die huis of by die werk gekry nie. Ek hoop so hy kon tog êrens berading of soiets kry.
Sterkte aan die manne in blou.

Wonder ·

Die groot probleem is daar is maar n handjie vol polisiemanne wat hull werk verstaan en doen, die res ………………..

Louis ·

Toe ou cele jy wil mos ons mense se vuurwapens wegvat sodat ons nie ons self kan beskerm nie. Maar jul polisie is meer onbevoeg om n vuurpan te besit

Nie Verbaas ·

Volgens feite in berig is dit nogal duidelik hoekom hy geskiet het mits afleiding korrek is. Dit is egter nie n geldige rede om iemand se lewe te neem nie.

SjN ·

Die 24 jarige man het seker die 29 jarige polisieman se 32 jarige vrou uitgehelp met sekere take, vandaar die jaloesie.

Owlie ·

Skande dat polisie met vuurwapens lewens kan verwoes maar die publiek wat dekades lank diensplig moes doen, uiters bevoeg en versigtig is se vuurwapens word weg geneem met ewige vertragings

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.