Polisielid sterf toe twee hom by huis inwag

(Foto: SA Polisie)

ʼn KwaZulu-Natalse polisiebeampte is Vrydagaand dood toe minstens twee mans hom by sy huis ingewag en op hom losgebrand het.

Kol. Brenda Muridili, nasionale polisiewoordvoerder, het gesê konst. Xolani Zulu (32) het omstreeks 19:30 gister by sy huis in KwaNyuswa opgedaag. Hy was nie aan diens nie.

“Die verdagtes, met wat soos ʼn geweer en ʼn handwapen gelyk het, het sonder waarskuwing op die konstabel losgebrand. Hy het op die toneel gesterf,” het sy gesê.

Zulu, ʼn getroude pa met drie jong kinders, was verbonde aan die KwaNdengezi-polisiestasie en is al agt jaar lank ʼn polisiebeampte.

Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiehoof, het sy medelye met Zulu se gesin betuig en beveel dat die polisie se 72 uur lange aktiveringsplan in werking gestel word om sy moordenaars op te spoor. Ingevolge dié plan word hulpbronne soos misdaadintelligensie, forensiese dienste en die hulp van byvoorbeeld die Valke ingeroep.

Die polisie het ʼn beroep op enigiemand met inligting oor die voorval gedoen om Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Henk

Ek reken die polisie moet maar ligloop vir hierdie betekenislose corona arrestasies wat die mense al hoe meer begin walg ! Die pleps gaan hulle begin uitsorteer.

Sarel

Waarskynlikeen van die wat nog hulle werk gedoen het , waatvoor anders sal jy vermoor word. ‘n Man en Vader maar die Regering gaan voort om onskuldige mense te vervolg.

Cherokee

Ek is bly ‘n 72 uur vang plan word in werking gestel net soos wanneer boere vermoor word. Dit is nice dat ons ‘n demokratiese regering het, wat rasse eenders hanteer.

Nico

Die minister van polisie moet aan my verduidelik hoekom hier wette net op die witman gerig en nie op die swartman nie, is dit dan nie rassisme nie, net die witman kan ‘n rassis wees en nie die swartman nie. Kyk wat het Beria, die Kommunis in 1953 gesê het: “Degradation and conquest are companions. To conquered, a nation must be degraded….degradation can be accomplished insidiously ….and affectively by constant and continual defamation….continued and constant degradiation of national leaders, national institutions, national practices and national heroes must be systematically carried out”.

Nico

Nou gaan daar alles in hulle vermoë gedoen word om die skuldiges vas te trek.