Polisielid sterf toe verdagtes losbrand

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Die Gautengse polisie is op soek na verdagtes in ʼn silwer Mercedez Benz met donker ruite nadat ʼn lid van die blitspatrollie Sondagmiddag in Soweto-Wes doodgeskiet is.

“Hierdie aanval kom net drie weke nadat die nasie die polisielede wat die afgelope jaar in die uitvoer van hul pligte gesterf het herdenk het,” het brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, gesê.

Peters het gesê ʼn 36-jarige konstabel en twee van sy kollegas was besig met roetinepatrollie toe hulle by ʼn vulstasie in Mofolo-Suid stilgehou het. Hulle het ʼn verdagte voertuig opgemerk en dit gevolg. Die verdagtes in die voertuig het skielik op die polisie losgebrand en die konstabel, wat agter die stuur was, is in sy bolyf geskiet.

“ʼn 14-jarige omstander is ook gewond en na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas. Die polisiekonstabel is op die toneel dood verklaar,” het Peters gesê.

Hy het gesê daar is intussen vasgestel dat die nommerplaat wat op die motor was vervals is.

Lt.genl. Deliwe de Lange, Gauteng se polisiekommissaris, het haar medelye teenoor die polisielid se familie en kollegas uitgespreek. “Of ʼn polisielid aan diens is of nie, die dood van een van ons lede is een dood te veel. Sulke voorvalle word ten sterkste veroordeel aangesien dit ons land beroof van lede wat die burgers van Suid-Afrika dien en beskerm,” het De Lange gesê.

Enigiemand wat die voorval sien gebeur het of oor inligting beskik wat die polisie in hul ondersoek kan help, word versoek om dit by Stop Misdaad by 08600 10111 of die naaste polisiestasie aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Leahim ·

Geen vrees vir die polisie of wette van die land nie n kultuur van maak wat jy wil en vergeet van die nagevolge die rippel effek van jare se afbreek van alle dissipline en gesags strukture.

Eish ·

Dis hoog tyd dat politici deel word van die gemeenskap en aan dieselfde spanningsvlakke onderwerp word deur hul lyfwagte weg te neem en hul te laat bly in die wyk wat hul verteenwoordig. Die oomblik wanneer jy n situasie aan jou eie lyf voel, kom die gedagtes pragtig agtermekaar betreffende die erns daarvan. Dis sommer bog dat hul op n troontjie geplaas word.

Alida ·

Eish, dit is baie waar.
Die misdaad word ontken. Waarvoor het hlle dan lyfwagte?
Plaasaanvalle word net beskou as ‘n huisbraak wat skeefloop.
Wat weg die lyfwagte en sit net ‘n alarm in die huis. Baie goedkoper.

Alida ·

Eish, dit is baie waar.
Die misdaad word ontken. Waarvoor het hlle dan lyfwagte?
Plaasaanvalle word net beskou as ‘n huisbraak wat skeefloop.
Wat weg die lyfwagte en sit net ‘n alarm in die huis. Baie goedkoper.

Callie ·

Polisie hulle werk doen en misdaad onder beheer kry sal ditnie so gaan nie. Misdadigers kry wapens by die polisie, hulle word nie gestraf vir hul dade nie. So, begin julle ook maar soos ons burgers die pyne vat

zeno ·

Ja, Ek stem. Vat die lyfwagte weg van die politici. Hulle is gewone mense nes ons,hoekom moet hulle opgepas word? Onnodige geld wat vermors word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.