Polisielid van ontvoering, verkragting beskuldig

(Foto: SA Polisie)

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek ʼn polisielid in verband met ʼn verkragting- en ontvoeringsaak.

Volgens Ndileka Cola, Opod-woordvoerder, het die misdade van Vrydag 18 September tot Dinsdag 22 September in Soweto plaasgevind.

“Daar word beweer dat die verdagte, sy meisie en haar vriendin saam in ʼn taverne was, waarna hulle na die verdagte se woonplek is.”

Die polisielid en sy meisie se vriendin was na bewering alleen in ʼn kamer waarna hy op ʼn aggressiewe wyse seks van die slagoffer geëis het.

“Die drie het mekaar glo drie dae later weer in die taverne gekry waarna hulle weer na die verdagte se huis is.”

Volgens Cola het die man die twee vroue toe van Sondag tot Dinsdag gyselaar gehou. “Die verdagte het glo daarop aangedring om te weet waarheen sy meisie gegaan het op die dag toe hy haar vriendin na bewering verkrag het.”

Die polisie se gyselaarsonderhandelaars en -taakspan is na die toneel ontbied en die vroue is vrygelaat en die man in hegtenis geneem.

Die verdagte sal na verwagting vandag in die Protea-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Flip ·

En daar word van die SAPD verwag om vroue en kinders te beskerm?
En dan wil die SAPD almal vasvat wat die wet oortree, maar sit self en drink by n taverne en dan onder die invloed van drank huistoe…..

Persheks Adri ·

Ons beskerm onsself Flip ons maak beslis nie staat op die klomp nie! Useless verby

Nie Verbaas ·

Niks verbaas my meer oor one polisiemag nie, maar ons moet onthou, volgens die geveerde hoed word lede “streng” gekeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.