Polisielid vas oor bril vir vriendin op vrou se naam

(Argieffoto: Unsplash)

ʼn 58-jarige polisielid verskyn later vandeesmaand in die Roodepoort-landdroshof vir beweerde bedrog.

Hy het glo in Januarie verlede jaar sy vriendin na ʼn oogkundige vir ʼn konsultasie geneem waarna sy ʼn voorgeskrewe bril ontvang het – waarvoor die mediese fonds betaal het.

In Julie verlede jaar het die beampte, ʼn luitenant-kolonel, se vrou dieselfde oogarts besoek, net om uit te vind ʼn bril is reeds op haar naam voorgeskryf, het kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, gesê.

“Die ernstige korrupsieondersoekeenheid het die dossier vir verdere ondersoek ontvang en vasgestel die verdagte het sy vrou se besonderhede tydens die Januarie-konsultasie gebruik om sy vriendin te help om ʼn bril te kry,” het Mulamo gesê.

Die verdagte het Dinsdag ʼn dagvaarding ontvang om op 24 November op ʼn aanklag van bedrog in die hof te verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hennie J

Ja meneer hoedman, nog is het einde niet.

Annelize

Ek wonder nou net, is dit ‘n vriendin, of is dit ‘n “vriendin”…. En wat het Mevrou oor die verrassing te se gehad.

Ja, ons self is op Polmed, en jy as lid en jou afhanklikes op die fonds, mag net 1 keer elke 2 jaar vir ‘n bril eis.

Moedeloos

Klink eerder of hy n bril moet kry om te kan sien wie is sy vrou.

Blikke

Ek dink Mevrou het die fluitjie geblaas na sy van die aangename verrassing te wete gekom het….die man het nou van twee kante af bollie. Die mediese fonds en natuurlik Mevroutjie…..

Cornelius

Genade hoe dom kan jy wees. Sien sy nie die mediese state nie en het haar slim man gedink hy kon met so iets wegkom. Ons beweeg al hoe verder terug na die steentydperk 2.6 miljoen jaar gelede.