’n 51-jarige adjudant-offisier wat na bewering ’n vrou by die polisie se Oos-Kaapse hoofkwartier verkrag het, is in hegtenis geneem.
Die voorval het glo Saterdagaand by die Griffiths Mxenge-gebou in Zwelitsha plaasgevind.
Brig. Tembinkosi Kinana, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê ’n 21-jarige vrou het glo van Qonce (King William’s Town) na Breidbach geryloop toe die polisiebeampte stilgehou en haar ’n rygeleentheid aangebied het.
“Die beampte het glo naby Breidbach voorgegee dat hy ’n oproep ontvang het wat hom genoodsaak het om terug te ry kantoor toe. Met hul aankoms by die kantoor het die beampte die vrou glo verkrag.”
Die vrou is glo later naby Izele afgelaai waarna sy onmiddellik na ’n polisiestasie is om die voorval aan te meld.
Na ’n voorlopige ondersoek het beamptes van die eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe die verdagte by die polisiehoofkantoor in Zwelitsha in hegtenis geneem.
Die saak is na die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) vir verdere ondersoek verwys. Die verdagte sal intussen Woensdag in die Zwelitsha-landdroshof op aanklagte van verkragting verskyn.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
16 Kommentare
Nog ‘n voorbeeld van trots nie so nie hoed ?
Sal ons ook die geweld en verkragting kan aanspreek
Word oor die vingers getik en bly nog steeds in diens
En dan moet mens hulle vertrou…
Goeie genade wat gaan aan met sekere mans in hierdie land – Dis of hulle absoluut “seksmal” is. Se weer soos voorheen – dit moet iets met mens se DNA en opvoeding te doen he.
Welkom in piesangland, die land van melk en heuning waar die piesangeters maak en breek soos hulle wil.