Polisielid verkrag glo vrou by provinsiale hoofkwartier

Argieffoto: SAPD

’n 51-jarige adjudant-offisier wat na bewering ’n vrou by die polisie se Oos-Kaapse hoofkwartier verkrag het, is in hegtenis geneem.

Die voorval het glo Saterdagaand by die Griffiths Mxenge-gebou in Zwelitsha plaasgevind.

Brig. Tembinkosi Kinana, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê ’n 21-jarige vrou het glo van Qonce (King William’s Town) na Breidbach geryloop toe die polisiebeampte stilgehou en haar ’n rygeleentheid aangebied het.

“Die beampte het glo naby Breidbach voorgegee dat hy ’n oproep ontvang het wat hom genoodsaak het om terug te ry kantoor toe. Met hul aankoms by die kantoor het die beampte die vrou glo verkrag.”

Die vrou is glo later naby Izele afgelaai waarna sy onmiddellik na ’n polisiestasie is om die voorval aan te meld.

Na ’n voorlopige ondersoek het beamptes van die eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe die verdagte by die polisiehoofkantoor in Zwelitsha in hegtenis geneem.

Die saak is na die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) vir verdere ondersoek verwys. Die verdagte sal intussen Woensdag in die Zwelitsha-landdroshof op aanklagte van verkragting verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Erita ·

Sal ons ook die geweld en verkragting kan aanspreek
Word oor die vingers getik en bly nog steeds in diens

Di ·

Goeie genade wat gaan aan met sekere mans in hierdie land – Dis of hulle absoluut “seksmal” is. Se weer soos voorheen – dit moet iets met mens se DNA en opvoeding te doen he.

Hennie J ·

Welkom in piesangland, die land van melk en heuning waar die piesangeters maak en breek soos hulle wil.

Blikkies ·

Dit is nou die mense wat die publiek moet dien en beskerm? wonder of die SAPS lede nog ingesweer word?

Perdeby ·

Cele ek dink jy moet verskriklik trots wees op jou lede. Enige lid wat uniform dra moet in sulke gevalle onmiddelik geskors en na die verhoor oneervol ontslaan word soos dit altyd gedoen was op ‘m parade. Vandag gaan alles oor menslik of onmenslik te wees, maar om so iemand se menswaardigheid van homof haar weg te neem is onaanvaarbaar.

Jack ·

Skande.Geen verskoning.Sulke misdade verdien die grootste straf wat daar is.Diere.

madels ·

Hoe afskuwelik! Ek kry hierdie vrou ongelooflik jammer. Mag hierdie polisieman geen genade kry vir wat hy aan hierdie arme vrou gedoen het nie.

Niklaas ·

Hierdie tipe SAP misdade sal nie verminder nie, tensy die Hoedman begin aandring op afdanking en swaar en behoorlike strawwe. Berispings alleen sal nooit deug nie.

Johannes_64 ·

Dit is nou dieselfde polisie “dienste” wat die baie erge misdaad ondersoek, is dit?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.