Polisielid, vermeende kabeldief gewond in Parys

(Argieffoto: Kent Williamson)

ʼn Vermeende kabeldief sal na verwagting Dinsdag in die Parys-landdroshof in die Vrystaat verskyn in verband met ʼn voorval die naweek waar hy ʼn polisielid geskiet en gewond het.

Die polisie is Sondag in die vroeë oggendure na Kingstraat ontbied nadat inligting ontvang is dat mense besig is om kabels te steel.

“Met beamptes se aankoms op die toneel het hulle ʼn gewapende man gewaar en hy het op die polisiebeamptes losgebrand,” het sers. Josephine Rani, polisiewoordvoerder, gesê. “Die beamptes het teruggeskiet en vier vermeende kabeldiewe het op die vlug geslaan.”

Sers. Morena Semase is in sy regterskouer gewond en vir behandeling na ʼn hospitaal  geneem. Die 42-jarige vermeende skieter is ook geskiet en gewond en vir behandeling na ʼn hospitaal geneem.

Die verdagte sal op aanklagte van poging tot moord en oortreding van die Immigrasiewet in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Kokerboom ·

Ons land is siek! Kabeldiewe is terroriste en mag polisielede skiet, maar durf jy waag om te sê hul moet voor die voet doodgeskiet word. Dubbele standaarde geskoei op siek menseregte!

Amelia ·

Kabel diewe is moordenaar hoeveel mense sterf agv van dit Gee ordentlike tronk straf nie maand of 2 nie nee 30 jaar met harde arbeid

Di ·

Hierdie onwettige imigrante is besig om ons land te verwoes! Ek glo dat meeste kriminele dade deur hierdie spul gepleeg word. As daar nie plan gemaak word om hierdie hordes uit ons land te kry nie, sien ek baie swaar dae vorentoe

Vrystaat2109 ·

4 diewe kom weg!!!! Gee die polisie ordentlike skiet opleiding!!!!

domheks ·

Ons sogenaamde polisie is uiters swak opgelei! cele se mos – skiet om DOOD te skiet – verseker gebeur dit nie!

Piet parys ·

So maw hy is n buitelander . Waar is sy maatjies gee hom nog n wond dat hy kan praat

Danie ·

Dalk moet die polusieman ook beter opgelei word om n wapen te hanteer.Bly eerder stil oor hulle vernuf en flaters op n skietbaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.