Polisieman agter tralies vir moord op vriendin, taxibestuurder

Argieffoto.

’n Polisielid verbonde aan die polisie se BBP-beskermingseenheid, is Dinsdag in die hooggeregshof in Johannesburg swaar gevonnis nadat hy verlede jaar sy vriendin en ’n taxibestuurder doodgeskiet het.

Ndileka Cola, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), het bevestig dat die polisieman, sers. Geshwin Sweni, tot 25 jaar direkte tronkstraf gevonnis is op twee aanklagtes van moord. Die vonnisse word gelyktydig uitgedien.

Volgens Cola het Sweni op 1 Mei ’n argument met sy vriendin by sy pa se huis op Edenpark in Gauteng gehad. Die vriendin het besluit om weg te kom en het ’n e-taxi-diens geskakel om haar te kom oplaai.

“Toe die taxi daar aankom, het sy in die voertuig geklim en gery. Sweni het die taxi egter agtervolg en op die voertuig begin skiet,” vertel Cola.

“Terwyl hy geskiet het, het die taxibestuurder beheer oor die voertuig verloor en in ’n hek vasgery. Die vriendin het toe uit die motor geklim en probeer weghardloop, maar Sweni het aanhoudend op haar bly skiet.”

Die vriendin en die taxibestuurder is albei op die toneel dood verklaar.

Ná die skietery het Sweni sy pa gaan soek wat in die omgewing was.

“Hy het aan sy pa erken dat hy sy vriendin, en die man met wie sy glo hom verneuk het, geskiet het. Sy pa het sy vuurwapen afgevat en hom by die polisie aangegee.”

Opod het sy tevredenheid oor die vonnis uitgespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Frederik C ·

25 Jaar vir twee moorde ?? Oor ± 16 jaar is hy terug in sy pa se huis. As comrade Cyril hom Covid-afslag gee, dalk vroeër. Waar’s die dae toe sy pa hom nooit weer sou sien nie……….soos sy slagoffers se ouers.

Regverdigheid ·

Dat hy kry wat hom toekom…Wens net die Maryka Bezuidehout saak kry ook aandag wat deur n Polisie man vermoor is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.