Polisieman betrap wat glo dagga by tronk insmokkel

Argieffoto

’n Polisiebeampte verskyn Woensdag in die Polokwane-landdroshof in Limpopo ná hy glo dagga by ’n tronk ingesmokkel het.

Volgens kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het ’n 47-jarige beampte Woensdag by ’n gevangenis in Polokwane aangekom om gevangenes op te laai om na die hof te neem, toe hy op heterdaad met dagga in sy besit betrap is.

“’n Korrektiewe amptenaar aan diens het onraad vermoed en het die polisiebeampte vasgetrek toe hy glo dagga vir ’n gevangene in die tronk probeer insmokkel het,” het Ngoepe gesê.

Die polisie is van die beampte se optrede in kennis gestel en hy is in hegtenis geneem. Ngoepe het bevestig dat daar tydens die inhegtenisneming op twee pakkies dagga van altesaam 143 g beslag gelê is.

Die polisiebeampte werk as ’n hofordonans by die plaaslike Mankweng-polisiestasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

christa ·

die slegste mense het so diep ingesypel, dis onkeerbaar. Daar word mos geen ondersoek gelas na hulle verlede nie, as die kleur reg is, is die job hulle sin

Genieve ·

Dis mos nie iets nuuts nie ou gewoonte van hulle en die meeste doen dit die ander moet nog net gevang word.

H ·

soos die spreekwoord lees: dit vat ‘n skelm om ‘n skelm te vang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.