Polisieman bied skoolmeisie glo R50 vir orale seks

Genchen Rugnath en sy vrou Ravina Foto: Tebogo Letsie

Genchen Rugnath en sy vrou Ravina Foto: Tebogo Letsie

ʼn Skoolmeisie wat as ʼn prostituut gewerk het, het Dinsdag aan die Durbanse streekshof vertel dat ʼn polisiebeampte in die stad haar R50 betaal het vir orale seks in ʼn amptelike polisievangwa. Hy het haar daarna glo nog R50 betaal om oor die voorval stil te bly.

Die meisie, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie, het getuig in die hofsaak teen dr. Genchen Rugnath, sy vrou Ravina, Zweni, Nonduzo Dlamini en Bhabha Dubazini. Hulle het almal onskuldig gepleit op 156 aanklagte insluitend aanranding, verkragting, seksuele uitbuiting van ʼn minderjarige en swendelary. Meisies tot so jonk as 12 jaar oud het glo by die hotel in Durban gewerk.

Die meisie, nou 19, het gesê die polisiebeampte het haar in 2010 na Durban se Blue Lagoon-omgewing geneem. Arnand Nepaul, Rugnath se regsverteenwoordiger, wou weet waarom sy R100 ontvang het, waarop sy bevestig het: “Die ekstra R50 was om stil te bly oor wat ek en die beampte gedoen het.”

Die beampte het glo geweier om haar te laat gaan omdat hy Zweni se geld wou hê. “Hy het geweet Zweni gaan betaal.” Sy het vroeër in haar getuienis gesê dat Zweni die polisie al twee keer vantevore omgekoop het nadat sy en twee ander meisies weens prostitusie in hegtenis geneem is.

Sy het ontken dat sy tydens die betrokke voorval in hegtenis geneem is, aangesien sy voor saam met die beampte in die voertuig gery het terwyl hulle na Zweni op soek was. Sy voer aan sy het vir Zweni gewerk. Die staat kla hom aan dat hy ʼn prostitusiekring uit Rugnath se hotel, die Inn Town Lodge, bedryf het.

Die meisie het vroeër gesê sy het haar lyf vir dwelmmiddels begin verkoop toe sy 13 jaar oud was.

Rugnath se hotelbestuurder, Veena Budhram, is ook aanvanklik aangekla, maar sy het haarself intussen as staatsgetuie beskikbaar gestel. Rugnath beweer hy was onbewus van enige prostitusie by die hotel en het die bestuur aan Budhram oorgelaat.

Die hotel is in Durban se Pointweg-gebied geleë, bekend vir sy rooiligaktiwiteit.

Die meisie het aan die hof gesê sy het in 2010 MIV-positief getoets en het tuberkulose. ʼn Verpleegster by die KwaMashu-polikliniek het haar van haar diagnose in kennis gestel.

Die saak duur voort. –SAPA

Lees ook:
Tiener getuig oor prostitusie by Durban-hotel
Tiener getuig oor prostitusie by Durban-hotel
Mensehandel-saak: Verdagtes weer in hof
Mensehandel-saak: Meisie glo aangehou tot sy verslaaf is
Mensehandel-saak uitgestel
Prostitute verlaat glo hotel voor “baas” opdaag
Polisie het bordeel glo vroeër besoek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anno ·

Haar lewe is reeds verwoes met die wat sy dwelms gebruik het, daarna het die verwoesting net in ‘n erge mate voortgeduur. Ek hoop regtig daar sal ‘n wonderwerk in haar lewe gebeur sodat sy heeltemal sal rehabiliteer.

Demokraat ·

Waarom kla hierdie skoolmeisie oor die aanbieding van haar dienste aan die polisieman – sy praktiseer dan as prostituut !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.