Polisieman buite dogter se skool doodgeskiet

Michael Jameson

ʼn Polisiebeampte wat Woensdag sy dogter by haar skool wou oplaai, is doodgeskiet nadat hy gereageer het op ʼn kaping wat besig was om te ontvou.

Ao. Michael Jameson (52) was van diens af toe hy omstreeks 14:15 by sy dogter se skool in Umbilo in Durban, KwaZulu-Natal, aangekom het om haar op te laai.

Volgens kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, het Jameson ʼn kaping sien ontvou en onmiddellik gereageer.

“Die verdagtes het gesien die beampte is gewapen en het op hom losgebrand. Die beampte het teruggeskiet, maar is noodlottig gewond en het op die toneel aan sy beserings beswyk.”

Twee voertuie, insluitend ʼn voertuig wat buite die skool in Umbilo gekaap is en nog ʼn voertuig wat deur die verdagtes in Hammarsdale gekaap is, is verlate gevind. Volgens Mathe was die verdagtes met albei voertuie in ongelukke betrokke terwyl hulle inhegtenisneming ontduik het.

Die polisie in KwaZulu-Natal het intussen alle hulpbronne gemobiliseer om die verdagtes vas te trek.

Genl. Fannie Masemola, nasionale polisiekommissaris, het gesê Jameson het as ʼn held gesterf.

“Hy het gesterf om die mense van hierdie land te dien en te beskerm. Hy het inderdaad met trots gedien toe hy homself aan diens geplaas het en die veiligheid van sy gemeenskap voor sy eie veiligheid gestel het.”

Masemola het gesê daar sal nie gerus word voordat Jameson se moordenaars vasgetrek is nie. Hy het sy meegevoel met Jameson se familie, vriende en kollegas betuig.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om hul naaste polisiestasie of Stop Misdaad by 08600 10111 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Lillian ·

Rus in Vrede Adjudant, dankie vir jou diens en ultimate opoffering om die gemeenskap te beskerm …

Grassie ·

Wat ‘n hartseer gebeurtenis! Totale anargie is reeds besig om soos ‘n pandemie deur die land te versprei. Menselewens is niks meer werd nie. My innige simpatie met die dapper man se geliefdes.

Delia ·

So jammer om te hoor. AO, jy het gedoen wat n polisie man moes doen, werk al was jy van diens af. Sterkte vir jou familie

Cindy ·

dis moeilik om nie te haat nie werklikwaar! So vreeslik jammer vir sy geliefdes, en sy arme dogter, hoe kom mens oor so ‘n ding :(

melaney ·

Skokkend. En party mense word kwaad as hulle hoor van andere wat gaan emigreer.

Termiet ·

As hulle gevang word, kry hulle R500 Borg en loop weer vry.

Ruby ·

Jy het ‘n held gesterf.

Ek neem aan cele (klein c) gaan die familie en toneel besoek?

Excalibur ·

SA se geregsdienaar BESTES, ons HELDE, BESKERMHERE & DAMES, TROTS, ons uiters skaars VERTROULINGE, PA’s/Ma’s/Oupa’s/Ouma’s/Seuns & Dogters word KOELBLOEDIG VERMOOR en die gereg le gemuilband aan die voete van die Bose Kriminele. Lafhartige Moordenaars, Struikrowers, Verkragters, Landskapers wat indien hul tronk toe gaan die BESTE HUMANITERE BEHANDELING & GELEERDHEID GRATIS deur reine bloed betaal ontvang; NEE!! DIT MOET STOP ROEP MY HELE WESE & Die pyn van ‘n kind wat haar Pa in diens verloor steek soos ‘n gekliefde swaard deur my Uniform Hart …. Wie sal nie kwaad word nie, Wie sal nie wil haat nie, Wie sal nie wil GEREGTIGHEID soek nie want daar buite is almal, peuter, kind, tiener, volwasene, bejaarde Voelvry verklaar…Hoeveel moet hierdie eens mooi reenboogland met sy unieke diverse kultuur nog verduur; hoeveel grafte en landsvlae uitgedeel vir ‘n skamele “Sorry about your Loss”. Die skrif is aan die muur, genade werk nie, BRING DIE DOODSTRAF TERUG

Aanhouer ·

Ek sekondeer!! BRING DIE DOODSTRAF TERUG!!
Hierdie is so ň geweldadige land, hier is geen beheer meer nie!

Mrs H ·

As die oorgewig saps lede gewig verloor, sal moordenaars dalk nie inhegtenisneming kan intduik nie. So jammer, mag jou siel in vrede rus en jou familie berusting vind. Hoop net die dogtertjie het nie haar pa daar so gesien nie?

Louwrens ·

Ek hoor wat jy sê MAAR n ware gebore SAP lid soos die Adjudant Jameson is opgelei om 24/7 sy gemeenskap te dien en beskerm. Ek salueer hom met volle eerbied en respek vir sy onbaatsugtige diens. As daar maar net meer sulke beamptes was in die huidige polisie diens.
Hy was nog n ware opregte polisiebeampte uit die ou era wat sy uniform nog met trots gedra het.
Ek was ook so opgelei, jy tree op as misdaad gepleeg word want dis jou werk en eer om dit te doen.
Sal nou nog optree en probeer help om misdaad te bekamp al is ek uit die polisie.
STERKTE VIR SY GELIEFDES
RUS SAG ADJUDANT JAMESON . . .

Jr ·

Dit is u reg om so te redineer en ek respekteer dit. Dis u lewe. Maar daar is n paar dinge waaroor ek my lewe baseer. Een is ‘n quote van Winston Churchill ” The world is full of EVIL because good men do and say NOTHING. 2. The story of the good Samaritan
3. Quote van die Boek – Daar is geen groter liefde as’n man wat sy lewe vir’ n ander man verloor. Ek sal help en ek weet want ek het voorheen iemand gehelp. U sir is ‘n Held ek haal my hoed af vir u.

Miena ·

Innige simpatie aan die gesin en res van familie.
Ek neem aan dat Cele en Masemola die familie ook gaan besoek?! (Of dalk nie). Afriforum – aangesien hulle mos in die openbare gesig is en aandag geniet – moet sommer n openbare – op nasionale TV en in die parlement tydens n sitting – versoek of nee dalk beter, n uitdaging, rig aan die 2 om nou hul presedent wat hul geskep het deur te voer met sulke “amptelike” aangeleenthede ook.

Louis ·

En “AS” die krimenele gevang word kry hul borgtog en gaan dan maar net voort met hul bedrywig hede.Alle simpatie met sy familie en vriende.

Kokerboom ·

KZN is ‘n misdaadsone. In Cele se agterplaas!!!
Word wakker Mnr Ramaphosa. Raak ontslae van die skepsel

Di ·

Die korrupte regering maak so groot ophef oor COVID maar intussen sterf duisende landsburgers agv kriminele dade. Kriminele het letterlik hierdie land oorgeneem, meestal is onwettige immigrante hierby betrokke. Maak die grensposte toe en maak ‘n plan om al die onwettige immigrante op te spoor en terug te pos waar hulle vandaan kom

Skappie ·

Mag onse Liewe Heer sy familie en vriende styf in Sy arms vashou, en julle deur dra in hierdie moeilike tyd wat vir julle almal voorle.

Annelie ·

Ai dit is sad. Hy het net sy plig gedoen en moes met sy lewe boet. Moord, Kapings, verkragting, rowery, diefstal is die norm vandag. Die regering met al sy trawante het toegelaat dat die derglike dinge gebeur en nou kan hul dit nie beheer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.