Polisieman buite sy huis doodgeskiet

Foto: SAPD

ʼn Polisiebeampte is Saterdagaand voor sy huis in Khayelitsha in Kaapstad doodgeskiet.

Die 36-jarige konstabel het glo in ʼn woordewisseling betrokke geraak met rowers voor sy huis in Makhaza waarna hy doodgeskiet is, het brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, gesê.

Speurders was tot laataand op die toneel om leidrade en bewysstukke bymekaar te maak. Volgens Potelwa was die beampte van diens af tydens die voorval.

Die konstabel het by die Strand-landdroshof gewerk.

Die polisie het ʼn 72-uur-aksieplan in werking gestel om twee verdagtes wat glo by die moord betrokke was, vas te trek. Die polisie het ʼn beroep op die Khayelitsha-gemeenskap gedoen vir inligting om die verdagtes vas te keer.

Lt.genl. Yolisa Matakata, provinsiale polisiekommissaris, het die moord op nog ʼn polisiebeampte ten sterkste veroordeel.

Dit volg nadat die 25-jarige konstabel Thobinceba Xhontelo en ʼn vriend ʼn week gelede in Bardale, Mfuleni, vermoor is.

Enigiemand met inligting oor die voorvalle word versoek om Stop Misdaad by 0860 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sean ·

Enige 72 uur aksieplan vir die oom wat vermoor is op sy plaas?????

Michael ·

Dubbel standaarde in hierdie piesangrepubliek raak nou net te erg

lollapot ·

Afskuwelike nuus vir ons wat geliefdes in die diens het . . .
Mag hy in vrede rus, en mag God sy gesin vertroos en dra in hierdie hartseer tyd . . .

Scalla ·

Hoekom nie die 72 uur aksieplan instel vir alle moorde nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.