Polisieman by begrafnis doodgeskiet

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Polisiebeampte wat vir ʼn vermeende moordenaar aangesien is, is Saterdagoggend in Limpopo doodgeskiet.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die 57-jarige adjudant-offisier was deel van ʼn groep polisiebeamptes wat kollegas van Noordwes bygestaan het in die opspoor van ʼn misdadiger wat verantwoordelik is vir verskeie misdade wat in die Brits-area gepleeg is.

Beamptes het die verdagte opgespoor waar hy in Madibong naby Jane Furse ʼn begrafnis bygewoon het van ʼn gemeenskapslid wat verlede week doodgeskiet is. “Beamptes het die verdagte voorgekeer waarna hy begin skreeu het.

Lede van die gemeenskap het die verdagte probeer help en die polisiebeamptes vir misdadigers aangesien.” Volgens Otto het die gemeenskapslede gedink die beamptes was betrokke by die moord op die persoon wie se begrafnis hulle bygewoon het.

Die polisiebeamptes het gevlug maar die adjudant-offisier kon nie wegkom nie. Lede van die gemeenskap het die beampte se dienspistool gegryp en hom in die kop geskiet. Hy is op die toneel dood. Volgens Otto is een persoon vir ondervraging ingeneem en word daar na nog verdagtes sowel as die beampte se dienspistool gesoek.

Die identiteit van die oorledene sal bekend gemaak word sodra al sy naasbestaandes in kennis gestel is. Lt.genl. Fannie Masemola, provinsiale polisiekommissaris, het sy skok oor die voorval uitgespreek en sy medelye met die beampte se familie betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Thuunda ·

Die reenboognasie besig met hulle doen en late…net nog ‘n dag…

GES ·

Die reënboognasie is maar net ‘n optiese illusie. Die gekkeparadys word net grootter en grootter.

Flow ·

Wat n sirkus. Hierdie “bush justice” mentaliteit sal nooit verander nie. Geen wonder die ou regering het teen hulle gediskrimineer nie.

Nonsens ·

Ag nee nonsens, hoe kan hul reg in eie hande neem & Lt Generaal Fannie Masemole, moenie net geskok wees nie,. Begin beskerm Polisie beamptes wat hul werk verrig en vir die regte redes in die Polisie is!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.