Polisieman by kroeg vermoor

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto: SAPD

Die Gautengse polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na verdagtes wat Saterdag in die vroeë oggendure ʼn polisiebeampte aan diens in Roodepoort vermoor het.

Brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, het gesê die polisiebeampte en kollegas was op patrollie toe die eienaar van ʼn kroeg in die omgewing vir hulle beduie het om langs die pad stil te hou.

“Die kroegeienaar het dringend hulp benodig nadat klante nie die kroeg wou verlaat toe hy dit moes toemaak nie,” het Peters gesê.

Toe die beamptes wou intree, het die klante moeilik geraak en die polisie begin aanval. Die beampte is met ʼn skerp voorwerp in sy bolyf gesteek, waarna sy dienspistool gesteel is. Die groep het van die toneel gevlug. Die beampte is op die toneel dood.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Cherokee ·

Asj ulle wonder waar dit is (weer gaan lees) dit is in Roodepoort wat die ANC gesê het dinge gaan nou grand wees. …”Het jy ‘Ja.’ of ‘Nee’ gestem? Besluit asseblief daarvolgens.

Johan ·

Die polisie het hier niks verkeerd gedoen nie. Hulle het volgens wet opgetree. Maar jy het duidelik n probleem met die polisie.

EvW ·

……dis hkm dit gaan soos dit nou gaan oor almal soos jy dink!

Willem ·

Glo my, die Polisie ken hul wette baie goed, probleem is dat hulle nie meer beheer het oor die probleem nie. Die Polisie in die Kaap wil nie eers meer in die Gang gebiede in gaan nie want hulle word eenvoudig net af gemaai.

Poot ·

Wat het die Wet in hierdie spesifieke geval met die moord te doen?

Leahim ·

Ek dink die meeste polisie beamptes hou hulle op met misdaad soos ons telkens die afgelope week gelees het en konsentreer te min op die werk waarvoor hulle betaal word.Ek het nog nooit van n parate polisieman gehoor wat met n pistool na n mesgeveg toe gaan en dat tweede kom nie.

Spyker ·

Soos die engelse sè “going to a gun fight with a knife “….Leahim,maar genade weet jy het mos die gun….skiet die duiwels (ander name in gedagte).en kry klaar met dit.sterkte tog aan sy familie en kollegas.

Leahim ·

Ek hou ook nie van die polisie soos dit nou is nie .Die metro polisie moet die taak van die polisie oorval en elke polisie wyk moet hulle beamptes aanstel en voorkeur gee aan die inwoners van die wyk.Die beamptes moet ook n jaarlikse evaluering toets slaag soortgelyk aan die vsa se sherif departement.

KarenG ·

As publiek is ons met rede skepties oor die Polisie. Ek vind dit wel net hartseer dat almal oor dieselfde kam geskeer word, want ek glo daar is nog polisie manne/vroue daarbuite wat in die SAPS is vir die regte redes. Hulle is ongelukkig in die minderheid en soos ons almal weet is misdaad buite beheer in die land. Ek voel die “goeies” veg ongelukkig ‘n “losing battle”, maar voel ook dat ons darem nou en dan in konteks gesien, krediet moet gee waar dit verdien word instede om almal voor die voet oor dieselfde kam te skeer.

Callie ·

Probleem is hulle gaan 4 voertuie vol gewapende polisiemanne na n huis toe waar n wit persoon moontlik die wet oortree het met kinderarbeid. Nou hoe gaan stop jy dronk gangsters wat jy weet gewapen is met n pistool nie in jou hand nie

bgj van der westhuizen ·

daar is 2 sapd lede op die voertuig waar was sy maat laat my wonder

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.