Polisieman by werkplek in hegtenis geneem

Die konstabel word in hegtenis geneem. Foto: Verskaf

Die Wes-Kaapse polisie het een van hul eie beamptes in Kaapstad in hegtenis geneem in verband met ʼn moord op ʼn jeugdige.

Kapt. FC van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê speurders van die provinsiale eenheid teen georganiseerde misdaad het die 23-jarige konstabel Donderdag om 20:30 by die Kleinvlei-polisiestasie in hegtenis geneem.

“Die inhegtenisneming volg op ʼn noodlottige skietvoorval van ʼn 17-jarige jeugdige in Mfuleni in die vroeë oggendure van 10 September verlede jaar,” het Van Wyk gesê.

Hy het nie meer inligting oor die voorval bekend gemaak nie, maar polisiebeamptes gewaarsku dat die reg sy gang sal gaan as hulle skuldig bevind word aan enige misdryf.

Die konstabel word by die Bellville-Suid-polisiestasie aangehou en moet Maandag in die Blue Downs-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

snoefie ·

interessant dat die reg sewe maande moes wag om sy gang te gaan. wat sou tog sy gang versper het?

Gerrit ·

Onbevoegdheid,ongeletterdheid te besig met ander onwettige ding daar is verskeie redes maar nou laat hy gearesteer is moet daar net gehoop word hy bly veilig in aanhouding en word nie gehelp om te ontsnap voor maandag nie??

Mariekie ·

Die klomp is flippen traag , lui en arrogant pleks verander hulle hul uniforms na groen en geel bitter min van hulle doen die blou uniform trots
???? nie seker watter een is die ausie flag

Duitser ·

Regs .Mariekie en dankie dat jy die stille betoging ondersteun.
??

Manie Strydom ·

Hulle sal 90% moet arresteer en vervang voor ek weer enige vertroue en respek vir hulle sal hê
??

Avra ·

Daar is darem goeie polisie beamptes ook. Skaars, maar hul is daar.

Chrisjan ·

Wat het Lindiwe Sisulu nou weer gesê van SA wat n “wetsgehoorsame” land is? Het sy bedoel daar’s n verskil tussen wetstoepassers en … ag nou’t die vrou my skoon deurmekaar gemaak!

Toe nou ·

Ek het twee vrae … is die polisie werklik so skelm, of is daar ‘n aanslag op hulle soos op die witmense. Die betogers mag die polisie aanval, met petrolbomme gooi en met bakstene slaan .. Kyk wat het die naweek met ‘n sekuriteitswag gebeur op die sokkerstadion, sy is DOODGESLAAN, sou ‘n polisieman homself verdedig het .. sou hy dan ook van moord aangekla word? JA ek glo daar is baie VROT appels in die polisie . maar hierdie kamstige ‘onskuldige jeugdiges’ wat doodgeskiet word is meestal oproermakers en mense wat ANDER SE LEWENS BEDREIG en in gevaar stel .. In MAHIKENG het die massas mense se besighede en voertuie uitgebrand . volgens my is dit nie net saakbeskadiging nie maar ook POGING TOT MOORD< hoe weet hulle daar was nie mense in die geboue nie .. nou word hulle NIE opgesluit nie, maar die polisie mag net rubber koeels gebruik .. HOE WERK DIT dat die kriminele WEEREENS wegkom met alles en die polisie en publiek wat hulleself verdedig word OPGESLUIT????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.