Polisieman deur kollegas doodgeskiet

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Polisiebeampte is Vrydag deur sy kollegas in Melmoth doodgeskiet, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die 27-jarige beampte het glo op sy kollegas geskiet waarna hulle hom doodgeskiet het.

The Citizen berig dat die man vroeër ʼn vierjarige seun doodgeskiet het en twee meisies beseer het. Die voorval het glo by sy vriendin se huis plaasgevind. Dit is nog nie duidelik of sy by die huis was ten tyde van die voorval nie.

“Die motief vir die skietery is in die stadium nog nie bekend nie,” het Zwane gesê. Die polisie ondersoek sake van moord en twee van poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.