Polisieman dood in badkamer gevind

Argieffoto

ʼn Polisiekonstabel verbonde aan die Parkweg-misdaadvoorkomingstaakspan in Bloemfontein in die Vrystaat, het Maandag ʼn skokkende ontdekking in die mansbadkamer van die Parkweg-polisiestasie gemaak.

Lt.kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê die konstabel was omstreeks 18:15 op pad badkamer toe, toe hy ʼn harde geluid binne die badkamer gehoor het. “Hy het gewonder wat aangaan en het probeer om die badkamer binne te gaan. Dit is toe dat hy die liggaam op die vloer sien en sy ander kollegas gaan roep,” het Mbambo gesê.

Volgens Mbambo het beamptes die liggaam van die 27-jarige konst. Xolile Dada in die badkamer aangetref. Dada het by die polisie se Parkweg-gemeenskapsdienssentrum gewerk.

“Die polisielid was met siekverlof vir omtrent ʼn maand en was veronderstel om op 1 April weer vir diens aan te meld, maar het eers op 2 April weer vir werk opgedaag. Hy het nie die nagskof-diensparade bygewoon nie en sy liggaam is kort ná die parade gevind.”

Mbambo het gesê Dada het ʼn skietwond aan sy kop gehad en sy 9 mm-diensvuurwapen is langs sy liggaam gevind. “Geen vuilspel word vermoed nie en ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen.”

Lt.genl. Moeketsi Sempe, provinsiale polisiekommissaris, het sy medelye met Dada se naasbestaandes betuig. “Ons doen ʼn beroep op ons lede om voortdurend van die werknemergesondheids- en welstandsdienste gebruik te maak om persoonlike en werksverwante druk te hanteer. Dit sluit berading in om die stres te verlig van die ongewone ervarings wat hulle moet deurmaak in die uitvoer van hul pligte.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ans ·

Ag wow…dis wat hulle almal sê ja “gereeld van welstandsdienste” gebruik maak???? My broer werk ook daar en daar is amper NOOIT iemand beskikbaar wat hulle daarmee kan help nie, want dit “kos te veel” of die persoon is self nie beskikbaar nie. Hulle gaan deur vreeslike traumatiese goed en werk met die ergste van tonele, maar daar is nie vir hulle “sielkundige” hulp nie, of die “sielkundige” het nie ‘n clue waarvan hulle praat nie. Word ook aanbeveel dat hulle op hulle eie mediese onkostes iemand gaan sien…

Gerrit ·

Weereens? if you cant stand the heat stay out of the kitchen ek het net soveel stres maar ek is nie skaam om my salaris te ontvang nie want ek het my werk gedoen en ek kan bewys lewer daarvan.

Veritas ·

Gerrit, ek het al sterk manne gesien huil by die lyk van ‘n kleuter. Mans wat al jare aan sulke tonele blootgestel is en vertel dat hulle nooit daaraan gewoond kan raak nie. Indien jy nie daagliks in sulke toestande werk nie, glo ek nie dat jy gekwalifiseerd is om te oordeel nie.

Gerrit ·

Veritas ek is n boer ek begin 5 uur in die oggend werk tot 6 waartydens ek paraat moet wees want ek lewe in n oorlog geteisterde land waar ek geen hulp kan verwag van n polisie beampte nie as ander slaap hou ek wag en slaap n paar uur want ek verwag n aanval op my gesin of my werkers ten enige tyd.Ek doen my werk elke dag en produseer vleis en koring vir die volk en daar is genoeg kos om almal te voed.Die polisie doen nie hulle werk daarom neem misdaad so toe , ek hoop dit andwoord jou ek het ondervinding van stres maar hanteer dit soos n man want dit was my keuse om te boer.

mariaan ·

Gerrit, om verminkte mense te sien en nog ondersoek te doen hoekom daar ‘n moord gepleeg is sal net ‘n geharde misdadiger emosieloos laat , daar is polisie manne wat gevoelens het en ook pappas en eggenote is. Jy mag nie oordeel nie.

Pieter ·

Dit is hoe dit is op n sa plaas vandag hoeveel boere word deur terroriste aangeval vs hoeveel terroriste vang die polisie elke dag.Hoeveel boere boer net elke dag vs hoeveel polisie is by misdaad betrokke ek het reeds besluit wie het stres en wie is net plain sleg.

Denise ·

Ek stem 100% saam met Gerrit elke dag is in elkgeval vir die boere stresvol en so moet hulle maar net PRODUSEER want die mense wil EET !!!!!

Lee ·

Ai dis so tragies. Sterkte aan sy familie. Rus in Vrede konstabel.

Anette ·

Gerrit
Ek kom uit n gesin van boere uit. Het opgegroei op n plaas. So ek verstaan die stres waardeur jy daagliks gaan.
Ek is ook getroud met n polisie man. Om elke dag van jou lewe te deel met die wreedste moorde denkbaar, verbrande lyke in n kar na n motorongeluk, om tonele by te woon waar huise afgebrand en mense verkool het, is n heeltemal ander ball game.
Om dit vir 30 jaar plus te doen, vat aan n mens.
Dis nie iets wat jy soos n stofdeeltjie van jou skouer af skud nie.
Bitter maklik om te praat as jy nie self daar staan nie en dan praat jy nie eers daarvan dat jy self ook nie weet of jy elke dag gaan huis toe kom nie, want jy is net so n teiken.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.