Polisieman dood in voertuig gevind

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Polisieman is Donderdag dood in sy voertuig in die Oos-Kaap aangetref.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie het gesê ao. Wellbeloved Mtshawu (49) is op Veeplaas gevind.

“Die polisie het omstreeks 04:00 ʼn leidraad gekry van ʼn voertuig wat alleen staan en ná ondersoek is daar vasgestel dit was ʼn ongemerkte polisievoertuig. Mtshawu is met skietwonde aan sy lyf in die bestuurdersitplek aangetref,” het Naidu gesê.

Hy was aan diens ten tyde van die voorval en was verbonde aan Motherwell se polisie-eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (FCS).

“Die omstandighede rondom die voorval is nog onbekend, maar die polisie ondersoek ʼn saak van moord,” het Naidu gesê.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga het dié voorval ten sterkste veroordeel. “Ons harte gaan uit na sy dierbares en kollegas in dié moeilike tyd. Enigiemand wat ʼn polisiebeampte aanval of vermoor sal die volle trefkrag van die wet ervaar. Dit is ʼn bedreiging vir ons demokrasie en beroof gemeenskappe van hul beskermers,” het Ntshinga gesê.

Die polisie het enigiemand met inligting oor die voorval gevra om na vore te kom en die ondersoekbeampte, lt.kol. Jackie Grobler te bel by 082 065 9985.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

RIP ·

MISDAAD in SA vier hoogty. Die regering wil nie wakker word en optree nie!

Johan. H. ·

Wat bedoel julle :enige iemand wat n sapd lid aanval of vermoor sal die volle trefkrag van die wet ervaar” Wat is n polisie man beter as enige ander persoon?? Een moord op n boemelaar is teveel,,, Jammer vir die familie ,, Nog n statistiek anc

gert ·

Ek stem saam. Dis wereldwyd so en ek verstaan dit regtig nie.

genade ·

Laat ons nou sien hoe vinnig die skuldiges opgespoor word dit is………

Tanya ·

Enige persoon wat in SA vermoor word, se bloed is op die regering se hande. Daar is nie ‘n swaar genoeg straf in ons regstel wat moord regverdig nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.