Polisieman doodgeskiet dag voor hy moet getuig

Argieffoto

’n Polisiebeampte wat vandag in ’n Gautengse hof moes getuig, is gistermiddag koelbloedig in Soweto in Johannesburg doodgeskiet.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê konst. Ntobeko Nhlanhla Langa is tussen 16:30 en 17:00 doodgeskiet. Naidoo wou egter nie in die stadium meer inligting verskaf oor presies waar in dié voorstad die moord gepleeg is nie.

Luidens ’n verklaring is Langa deur drie mans in ’n wit motor agtervolg. Die polisiebeampte se motor het op ʼn plek tot stilstand gekom waarna een van die mans uit die motor gespring en verskeie skote op hom afgevuur het. Hy is op die toneel dood.

Volgens Naidoo is niks van Langa se besittings, insluitende sy dienspistool, tydens die voorval gesteel nie.

Langa was sedert 2011 betrokke by die polisie se misdaadsintelligensie-eenheid in Soweto en was veronderstel om vandag in die Randfontein-landdroshof te getuig.

Genl. Khehla John Sitole, nasionale polisiekommissaris, het in die verklaring gesê hy is geskok deur die koelbloedige moord op die polisiebeampte en het hom daartoe verbind om die verdagtes aan die pen te laat ry.

Nóg ’n polisielid is Woensdag in ’n onverwante voorval raakgeskiet gedurende ’n stop-en-ry-operasie in Atteridgeville in die weste van Pretoria.

Die beampte het gedurende die operasie ’n voertuig afgetrek, waarna hy die bestuurder versoek het om uit die voertuig te klim. Die bestuurder het egter op die polisiebeamptes losgebrand en konst. Tumelo Raphael Mohlala is in die voorval raakgeskiet.

Die polisie het op die verdagte teruggeskiet en hy is noodlottig gewond.

Sitole het Mohlala ’n spoedige herstel toegewens en die betrokke beamptes vir hulle dapperheid geloof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Anoniem ·

Ondersoek maar net in wie se saak Hy moes getuig dan verklaar dit hoekom Hy geskiet is !
Sterkte aan Sy Familie !

Jan Brand ·

Genl. Stole sê dat hy geskok is… regtig? Skok moord en doodslag nog in dié land? Sterkte aan sy familie en vriende.

Kobus ·

Die Regering vertroetel mos die misdadigers en die Mafias in die land en dan boet mense met hulle lewens.

FranK ·

My simpatie gaan uit na sy gesin/familie. Ek is dogter van ‘n Polisieman wat ook doodgeskiet is. Elke keer as ek hoor NOG ‘n polisieman is dood ervaar ek weer alles van voor af – al die eina, hartseer en nog meer. Vader beskerm asseblief ons polisie-lede AMEN

Anoniem ·

FranK – Dankie dat Jy deel !

Dit is baie baie seer, net God kan Julle seer ligter maak ! Sterkte

Jerry ·

Simpatie aan die familie van die oorledene. Die koelbloediges en wraaksugtiges word met onwettige vuurwapens losgelaat op veiligheidsekuriteitpersoneel en wetsgehoorsame burgers wie deur die minister van polisie ontwapen word, maar helaas klap die blinde sweep ook so nou en dan sodat die minister sy eie medisyne kan proe, of hoe se ek ou Cele!

Magda ·

Nie nodig om ver te soek na die skuldiges nie – wie word aangekla en vir wat?

Anoniem ·

Magda – ek stem, die ondersoek beampte hoef nie ver te gaan soek nie !

Gert van Wierdapark ·

Geen twyfel dat dit “‘n Hit” was nie. Hy is deur die misdadigers tereggestel in opdrag van……!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.