Polisieman doodgeskiet ná tref-en-trap

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn KwaZulu-Natalse polisiebeampte is doodgeskiet terwyl hy verdagtes wat glo in ʼn tref-en-trap-voorval betrokke was agternagesit het.

Willies Mchunu, LUR vir gemeenskapsveiligheid in die provinsie, het gesê konst. Nokukhanya Sibiya is Saterdag doodgeskiet terwyl hy die verdagtes agternagesit het.

Volgens Mchunu is Sibiya die tweede polisiebeampte wat die afgelope 10 dae in die provinsie doodgeskiet is. “Misdadigers doen die weerlose gemeenskap ʼn groot onreg aan wanneer hulle polisiebeamptes aanval en doodmaak.”

Konst. Simiso Clement Zondi is op Kersdag in eMatimatolo, Greytown doodgeskiet terwyl hy ondersoek ingestel het na ʼn saak wat verband hou met onwettige vuurwapens.

Mchunu het gesê gemeenskappe moet saamwerk om te help om misdadigers te isoleer. “Kom ons werk almal saam om te verseker dat ons polisiebeamptes die ondersteuning kry wat hulle verdien.”

Twee mense is intussen in hegtenis geneem in verband met die saak wat Sibiya ondersoek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.