Polisieman doodgeskiet, nog 1 gewond

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 43-jarige polisiekaptein is Dinsdag dood en nog ʼn 22-jarige polisiekonstabel in die hospitaal opgeneem ná twee verskillende skietvoorvalle onderskeidelik in die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal.

Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, het gesê ʼn 43-jarige verdagte is reeds in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord op die konstabel Dinsdagaand in Mitchells Plain in Kaapstad.

“Die voorval het omstreeks 21:30 op die hoek van Nita- en Ritaweg in Tafelsig plaasgevind. Die konstabel is geskiet terwyl hy besig was met misdaadvoorkoming,” het Traut gesê.

Volgens hom is die konstabel in ʼn ernstige toestand na die hospitaal gehaas. “Die verdagte is nie lank na die aanval nie vasgetrek. Daar is ook op die vuurwapen waarmee die aanval uitgevoer is, beslag gelê,” het Traut gesê.

Die verdagte sal sodra hy aangekla is in die hof verskyn.

Intussen is ʼn kaptein verbonde aan die Umbumbulu-speurtak Dinsdag op pad werk toe doodgeskiet.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, het gesê die kaptein was omstreeks 05:45 op pad werk toe op die R603 pad tussen Folweni and Umbumbulu toe ʼn motor met vier insittendes hom glo begin agtervolg het.

“Die verdagtes het op die beampte losgebrand en hy is noodlottig gewond. Die verdagtes het in hul wegkommotor gevlug sonder om enigiets te steel,” het Zwane gesê.

ʼn Saak van moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Juanita ·

Misdaad is erg in SA. Boere, polisiemanne,sakemanne .. almal tjop af en die Ministers en President sit in die jacuzzi en drink shampagne en ALMAL STEM STEEDS VIR HULLE!!

Jacques ·

Die doodstraf sal nie terug kom nie , maar kap die mense se hande af sodat hulle nie weer so iets kan doen nie . Dit werk in die ooste , maar nee die skelms het meer regte as die slagoffers .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.