Polisieman doodgeskiet terwyl hy glo bakstene steel

(Argieffoto)

ʼn Polisieman wat van diens af was, is vroeg Maandagoggend doodgeskiet nadat hy glo besig was om bakstene by ʼn bouterrein in Khayelitsha in Kaapstad te steel.

Volgens brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, het polisiebeamptes op vier mans afgekom terwyl hulle bakstene in ʼn afleweringsvoertuig gelaai het. Die verdagtes het glo gevlug toe die beamptes hulle nader.

Met behulp van die veiligheidswagte aan diens het die beamptes twee verdagtes in hegtenis geneem. Terwyl die polisiebeamptes die verdagtes in die vangwa gelaai het, het ʼn ander verdagte op hulle losgebrand.

“Die beamptes het teruggevuur en die verdagte getref. Hy is na ʼn plaaslike hospitaal geneem, maar het aan sy beserings beswyk,” het Potelwa gesê.

Dit het later aan die lig gekom dat die oorledene ʼn polisieman verbonde aan die polisie se taktiesereaksie-eenheid in Khayelitsha was. Hy was nie tydens die voorval aan diens nie. Die vuurwapen wat gebruik is om skote op die polisie af te vuur, is ʼn dienspistool wat in sy naam uitgereik is.

Die polisie het ná die voorval die beampte se huis deursoek en onder meer afgekom op ʼn kragopwekker wat tydens ʼn gewapende rooftog by ʼn plaaslike onderneming gesteel is. Die afleweringsvoertuig wat tydens die voorval gebruik is, behoort ook aan die oorledene.

Genl.maj. Thembisile Patekile, waarnemende provinsiale kommissaris van die Wes-Kaap, het polisiebeamptes se betrokkenheid by misdaad ten sterkste veroordeel.

“Sulke beamptes bring nie net die polisie se goeie naam in oneer nie, hul optrede belemmer die verhouding tussen die polisie en gemeenskappe,” het hy gesê.

Patekile het onderneem dat korrupte polisiebeamptes in die Wes-Kaap aan die pen sal ry.

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) is reeds van die voorval ingelig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Dup ·

Die Minister moet sommer alle dienspistole ook afneem want dit is mos deel van die misdaadprobleem in SA!

Persheks Adri ·

Hy moet nét hulle wapens vat nie ons s’n nie! Ek voel jammer vir die min eerlike lede wat regtig nog hulle werk doen…

Pietertjie ·

Weereens was die polisie eerste op die misdaad toneel.

Misky ·

Watse kriteria word deesdae gebruik as iemand aansoek doen by die SAPD? Dis asof hulle die slegste van die slegste aanstel en geen, maar geen opleiding word verskaf nie. Swak Cele, swak man!!!!! Ek voel baie jammer vir die handjie vol opregte en goeie polisie lede wat oor dieselfde kam geskeer word, maar dis die beeld van SAPD deesdae

jzjz05 ·

Die probleem is BEE en SEB aanstellings, maak nie saak wat of wie jy is nie jy moet net nie wit wees nie dan is jou getuigskrif 100%

Phillip ·

Jammer om mee te deel Die poliesie het nie eers meer n naam nie Al naam wat ek kan gee is Mafiea
kurp bedrog braaip dis ons poliesie die

Prontuit ·

Goeie naam hmmffff jammer vir die handtjie vol eerlikes wat daar onder lei

Witwolf ·

En daar word van ons verwag om op die korrupte en stelende SAPD staat te maak om ons veilig te hou terwyl hulle ons probeer ontwapen?!

Nie Verbaas ·

Hoed is tog so trots op sy magte terwyl die res van Suid Afrika al alle respek vir die meerderheid in die polisie verloor het. Vir die eerlike en hardwerkende lede, hou so aan. Julle het nog ons respek.

marius ·

Patetikile kan maar se net wat hy wil. Daar is geen keer aan die skelms nie .

Persheks Adri ·

Die polisie se goeie naam in oneer bring? Ek lag my pap! Hulle het beslis nie ‘n goeie naam nie inteendeel ek vermy hulle soos die pes! Hoed, jou mense gebruik staat wapens om kriminele aktiwiteite deur te voer! Jy moet hulle maar begin ontwapen hoor

Oom Hennie Pennie ·

Dan vra iemand nog waarom ons meer staat maak op ons armed responce as die polisie?

Hannelie ·

Yooo!!! maar ons wettige wapens is skynbaar die probleem???!!!

Willem ·

Daar is nou ‘n goeie voorbeeld vir Cele om van kennis te neem! Dis die tipe mense wat volgens hom en sy party die alleenreg op die dra van vuurwapens moet hē.

Veronika ·

Polisie se “goeie naam” aag bla bla bla het lankal nie meer ‘n goeie naam nie.

Stofdonkie ·

Maroela Media, ek dink daar is ‘n tikfout in die artikel. “Sulke beamptes bring nie net die polisie se goeie naam in oneer nie, hul optrede belemmer die verhouding tussen die polisie en gemeenskappe”. Ek dink die sin moes lees “Sulke beamptes doen die polisie se slegte naam gestand”.

Di ·

Waar is die dae toe die Polisemag ons TROTS was? Ek skaam my vir party lede, oorgewig, lui, slordig en geen lojaliteit nie. Nee wat die polisiemag het verval in ‘n sirkus net soos die regering. Voel jammer vir die lede wat nog ‘n passie het vir hulle werk en die regte ding doen om ons te bekerm

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.