Polisieman doodgeskiet toe hy motor aftrek

Foto: Rescue Care

ʼn Polisiebeampte is Sondag in Durban, KwaZulu-Natal, doodgeskiet nadat hy ʼn verdagte motor van die pad afgetrek het.

Volgens Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê hulle is kort ná 12:00 van ʼn skietvoorval op die M19 naby die Mountbattenweg-afrit in kennis gestel.

“Met paramedici se aankoms is ʼn polisiebeampte aangetref wat verskeie kere in sy bolyf geskiet is. Die beampte het glo ʼn voertuig van die pad afgetrek waarna die insittendes op hom losgebrand het.”

Jamieson het gesê die polisiebeampte is op die toneel dood verklaar. Die polisie was op die toneel en ondersoek die voorval.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Drieks ·

Die sleg regering het jou vermoor. Hul mag arms gevou sit terwyl onwettige vuurwapens meer raak. Hulle mag….

WH ·

Hoekom het hy nie n koeëlvaste baatjie aangehad nie. As hy een aangehad het het hy dalk kans gehad om terug te skiet. Jammer om te hoor.

Hendrik ·

Ek het baie simpatie met sy dood, maar stem saam, dit is verpligtend dat hulle dit moet dra. Die eerste probleem in hierdie tipe van gebeure, is die gebrekkige opleiding. Ons was ingedril hoe jy optree wanneer jy ‘n verdagte voertuig van die pad af trek. Ek is 100% seker dit is nie hier gedoen nie. Verder vra ek ook waar is sy bemanning want hulle is veronderstel om 2 per voertuig te werk. Baie polisiebeamptes se dood kan toegeskryf word aan nalatigheid. Sterkte aan die familie en kollegas.
As daar minder politiek in die polisie is, sal hierdie tipe van goed beperk kan word.

Kaptein ·

Neem in ag dat hulle deur die baadjie kon geskiet het, en ook bv. net bokant die bopunt van die baadjie. Soms haal die polisiemanne die dik staalplate uit in “veilige” omgewings om meer mobiel te wees.

WH ·

Kaptein as hy bo oor die baaitjie geskiet het was hy in die nek geskiet en nie in die bors nie. As hy die staal plate verwyder het was dit so goed hy het nie n baatjie aangehad nie. En ek stem saam met Hendrik waar is sy kollega dan. Dalk was hy besig met ander dinge dis hoekom hy alleen was?

DV ·

WH, Jy is heeltemal reg.
Waarom word hulle met die Toerusting uitgereik maar gebruik dit nie???

CallieL ·

Jammer hieroor. Meer sulke dinge gaan gebeur. Regering sal nog steeds niks doen aan hierdie nie want dan moet hy iets doen aan die wat plaas aanvalle doen.

?leser ·

skuus polisie man
nou word die hele polisie mag in natal opgeroep om na die “moordenaars” te soek

niks word met die plaasmoorde gedoen nie, publiek word gevra om te help, polisie ???????????????????

Anni ·

ASSEBLIEF HIERDIE IS ONGEVRAAG, DIT IS N MAN WAT GESTERF HET, IN DIE AMP VAN SY WERK. WENS JULLE ALMAL WAT SULKE SLEGTE AANMERKINGS MAAK WIL VIR EENDAG N POLISIE BEAMPTE WEES, SLEG OF NIE, HY HET GESTERF!!!!!!!!!

Cherokee ·

Waarom Leser. skryf jy moordenaars in aanhalingsteken? Dit is selfs erger as Anni wat in hoofletters skreeu.

Anni ·

ASSEBLIEF HIERDIE IS ONGEVRAAG, DIT IS N MAN WAT GESTERF HET, IN DIE AMP VAN SY WERK. WENS JULLE ALMAL WAT SULKE SLEGTE AANMERKINGS MAAK WIL VIR EENDAG N POLISIE BEAMPTE WEES, SLEG OF NIE, HY HET GESTERF!!!!!!!!!

Henk ·

Ja Anni, stem saam met jou, dit tekenend van die samelewing warin ons bly, niemand weet wat regtig gebeur het nie maar le eiers oor n bleddie baadjie….intussen is man onnodig dooodgemaak deur kriminele en n familie rou!!

sweis ·

Of jy een of tien man sterk is maak nie saak as die wil nie daar is om misdaad te bekamp nie wat maak getalle saak

Sarel ·

Die voorval is skokkend maar die Regering het lankal die Polisie uitverkoop, Dit was iemand se seun, moontlik het hy ook ge3sin gehad wat vanaand sonder ‘n Vader is. het ons in hierdie land werklik so laag gedaal en dan wys ons vinger na ander.

Bodycam ·

Voostel dra bodycams of dashcams.En hou altyd twee per voertuig aan diens.Baie sterte aan sy familie.

Anni ·

Onthou julle Wat so sleg praat van SAPD, moet nooit ooit hul hulp vra nie, want daai dag gaan kom. Hy het ook n familie. My mee gevoel aan Sy familie

willem Botha ·

Anni,in die vsa of Europa vra jy n polisie man vir hulp in suid afrika vermy jy hulle en leer jou kinders dat hulle nie vertrou mag word nie .

Gert ·

Anni, ek vertrou geen polisieman verder as wat my neus lank is nie. Ek leer my kinders dieselfde ter wille van hulle behoud.

Tershia ·

Anni stem my man was ook in die polisie Wonder of enige een van die publiek kan dink hoe moeilik dit is om jou werk te doen as jou eie lewe daagliks in gevaar is Daar is in enige beroep goeie en slegte mense Innige meegevoel

willem Botha ·

Was dit n brandweerman wat gesterf het sou ek gesê het dit was in die uitvoer van sy pligte en ek sou baie hartseer en sleg gevoel het in die geval weet ek nie.

Marinda ·

Sterkte aan die familie en naasbestaandes van die polisieman.

Anni, ek stem nogal saam met jou.

A ·

Los dit maar oor aan ons medemensies. Hulle sal ALTYD negatiewe kommentaar lewer. My maggies, iemand het gesterf. Iemand met familie. Iemand wat se plekkie langs die tafel leeg is. Iemand wat n seun vir n ma is, heel moontlik n eggenoot en pappa. Sies ek skaam my vir my volkie.

hartseer ·

My innigste sumpatie aan my kollega se familie. Jy het die hoogste offer gebring. Aan al jul hatige mense wat hier so sleg praat. Julle gaan ook die polusie nodig kry ten minste eenmaal in jou lewe. Hoop nie karma draai om en byt julle in julle agter wereld nie. Die wat sê hy was korrup jy beter bewyse bring. Vir die wat hul kinders leer om ons nie te vertrou sterkte eendag gaan daai kinders ons nodig kry. So terloops nie almal in saps is korrup nie. Ek weet want ek us nie.

Pieter du plessis ·

Nou hoekom neem die misdaad so toe,hoekom doen julle niks aan die plaasmoorde,slagting in plakkerskampe verkragting en huisroof ,hoekom ondersoek julle net ,hoekom sien ek nooit die polisie proaktief op tree nie ,hoekom mors julle ons belasting geld.?

Phil ·

Ek is baie jammer vir die man wat sy lewe verloor het en ook my innige meegevoel aan sy familie. Ek moet egter byvoeg dat ek nie verbaas sal wees as sy ‘kollegas” betrokke is nie……
Anni, daai dag het al n paar keer gekom, my pa was geskiet, ek was met n baionet gesteek, my ouers se besigheid n paar keer geroof, my huis drie keer ingebreek en GEEN hulp of uitslag van ons polisie. Al war gesê word is “moenie die skurke iets aandoen nie want dan gaan jy probleme optel”. So ja, ons is op ons eie aangewese want ons is WIT……

PJC ·

Baie tragies dat hierdie ou in die uitvoering van sy pligte moes sterf. Dit kon een van ons se kinders gewees het. Dit is egter ook tragies dat die publiek alle vertroue in die polisie verloor het. As ek ń familielid in die polisie gehad het sou ek hom aanraai om onmiddellik ń ander werk te soek as gevolg van die gevaredaaraan verbonde maar ook as gevolg van die stigma wat deesdae daaraan kleef.

Dis wat gebeur... ·

Dis mos wat boonop al hoe meer gaan gebeur wanneer kriminele vrylik in motors met blou ligte rond ry en wat valslik polisie uniforms dra, of hoe?

Anni ·

Daag julle almal uit om eendag saam n polisie lid te werk!!!!!!!

Pieter du plessis ·

Ek glo nie daar sal veel gewerk word nie as ek so na die stygende misdaad en astrante kriminele kyk nie.

Ruben ·

Wie se hyt nie n koelvaste baadjie aangehad?Wie se hy was aleen op diens?Julle maak julle eie aanteigings met julle negatiewe komentaar…die een ou dink hy weet meer as die ander.Daars geen hoop vir mense wat alswetend is nie.

Wonder maar net ·

Was dit n politieman? Of iemand wat n politie uniform aangehad het soos by die plaasaanval op die 36 jarige boer. Weet ook nie war ek sou doen as n “polisie” my aftrek nie. My hart gaan uit na die familie, en ek is baie jammer oor die afsterwe van die polisie beampte as hy regtig aan diens was, in geval van n skelm, miskien was hy op die regte tyd op die regte plek? Hoe sal ons weet?

Fonnie ·

Hierdie gebeure is die oorsaak van ZUMA veraad. Zuma Moet aangekla word van Hoogverraad

sweis ·

Die polisie is die probleem,zuma het die land verniel oor hy korrup was die kriminele is in beheer want die polisie weier om hulle werk te doen

Jerry ·

Red nou n volk met so n groep bevooroordeelde en onverdraagsame kommentators! Wat is fout met julle? Julle kan nie nou al reeds gatvol wees nie, die sports begin nou eers!

Boerboel ·

Jerry, jy is reg, alle sport het sy beserings, hierdie raak nou rof, hoeveel polisiemanne die week al geskiet, hoeveel plaas aanvalle,
Dit voor die verkiesing, gaan daar ooit een wees ?

willem Botha ·

Een polisie man………. 72 jarige vrou verkrag,agtjarige seun se gesig geskend,jong pa doodgeskiet deur “diewe met polisie toerusting,boer in Brits ernstig beseer gedurende plaasaanval,ma en dogter verkrag op plaas in oos kaap en so kan ek.aangaan en raai wat doen die polisie HULLE ONDERSOEK

Jerry ·

Boerboel en om te dink dat van hierdie sports se beserings ook daaraan te wyte is dat dit “self inflicted” is! Gepraat van plaasaanvalle, waar het jy nou al in jou lewe gesien dat jy namens n groep “soft targets, sitting ducks” en wat reeds geteiken word, met diegene wie hulle teiken, gaan skoorsoek, uitlok en tart. Dit is om die minste te se uiters domastrant en hartverskeurend om met sulke taktiek n sakeryk te bou en die groep te dwing tot selfbeskikking, ten koste van lewensverlies! Hierdie taktiek verminder nie aanvalle nie, dit vermeerder aanvalle. Dit is waansinnig om die bose (ANC/EFF) wat magtig is en mag oor die dood het en wie die plaasgrond bewandel, namens boere uit te daag. Namens die boere moet n mens mos eerder verstandig, versigtig en omsigtig omgaan met hulle reg op lewe! Dit gebeur egter nie en is water onderdeur die brug net soos die witkruise wat aanhou toeneem, daarom moet sitplekgordels styf getrek word vir groter sports wat oppad is!

wet ·

Nie seker of die dieselfde storie is waar ´n polisieman ´n voertuig genader het waarvan die hazards geflikker het nie? Dis toe dat die insittendes op hom losbrand? Selfde foto as in die berig op nuus 24? In elk geval..iemand het kommentaar gelewer dat die polisie beampte nie in uniform was nie. Die bestuurder wat losgebrand het op die polisieman het hom self gaan oorgee aan die polisie. Seker gedink die polisie ou was ´n high jacker

Wilma ·

Dankie SA Govt dat soveel mòorde in SA plaasvind . Dis jul wat nie wet en orde kan handhaaf..te bang om n stem te verloor met strenger wette. Jul verkies daarom dat onskuldiges sterf

Attie. ·

Volgende is dat voertuie nie afgetrek gaan word nie. In 1994 het skelms nie baie vuurwapens gehad nie maar ons het die goed gaan ingee by polisiestasies en tans dien ‘n blanke senioroffisier gevangenisstraf uit omdat hy die wapens aan bendes in die Kaap verkoop het. Dalk is hy al op parool uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.