Polisieman doodgeskiet toe hy rowers agternasit

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Polisiebeampte van Siloam naby Louis Trichardt in Limpopo is Maandagaand koelbloedig doodgeskiet toe hy gewapende rowers agternagesit het.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die beampte was ʼn 52-jarige adjudant-offisier wat by die Siloam-polisiestasie gevestig was. Die beampte was besig om saam met ʼn kollega die pad tussen Siloam en Thohoyandou te patrolleer waar talle voorvalle van gewapende roof by besighede die afgelope tyd plaasgevind het.

“Hulle het inligting ontvang van ʼn verdagte voertuig in die omgewing en nadat hulle die voertuig opgemerk het, het hulle dit agternagesit,” het Otto gesê. “Die verdagte voertuig het afgedraai op ʼn grondpad en toe die polisiemotor agternakom, is skote afgevuur. Die adjudant-offisier is geskiet en is op die toneel dood.”

Otto het gesê die verdagtes se voertuig is later verlate elders in die gebied gevind. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die naam van die polisiebeampte sal bekendgemaak word sodra sy naasbestaandes van sy dood ingelig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

spreker ·

Polisiemoorde kry nie só baie media lugtyd soos die dood van kriminele deur polisieoptredes.Dit is so inodig om jouself te ontstel want jou gesondheid ly daar onder terwyl misdaad net voortgaan!

Henk ·

En dan kruisig die wereld ‘n polisieman wat iemand wat hom wou vermoor op ‘n sypaadjie doodskiet? So van die os op die jas, is die skietery nie maar dieselfde as wat die moord op ‘n AWB lid wat koelbloedig teen sy Mercedes se agterwiel vermoor was nie? En vandag is daai moordenaar ‘n senior offisier in die SA Polisie!

amelia ·

Kriminele wil mense vermoor en skiet maar o tog skiet op hulle dans jy alreeds skuldig nee wat as babare wil wapen dra moet hul maar weet kan ook op hulle geskiet word net soos hul op ander wil skiet Hoekom word daar so ophef gemaak van rower wat deur polisie geskiet is maar nou dat sapd lid geskiet is is dit maar net n koerant berig rower se familie gaan seker weer eis instel wonder soms of dit nie hul eie makkers is wat dit op fb sit nie juis sodat daar geld geeis kan word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.